Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lavandula Manor Self-Catering Guest House

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marshstraat 121, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 350 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Lavandula Manor Self-Catering Guest House is in die hartjie van Mosselbaai en bied gerieflike verblyf waar gaste die pragtige uitsigte oor die hawe, see en die Outeniekwaberge in die verte kan geniet. Die swembadarea is nie omhein nie. Gratis parkeerplek is op die perseel beskikbaar, maar dit is nie agter 'n hek nie.

Dié gastehuis bied verblyf in 2 selfsorgeenhede. Die Deluxe Lavender Room is geskik vir 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. Ander kamergeriewe sluit 'n kombuisie met verhit-en-eetgeriewe, 'n eetarea, sitarea, tee- en koffiemaakgeriewe, WiFi, en 'n TV met sekere DStv-kanale in. Hierdie eenheid het 'n privaat ingang. Die kamer word via trappe bereik.

Die Lavandula Suite is geskik vir 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. Ander kamergeriewe sluit 'n kombuisie met verhit-en-eetgeriewe, 'n sitarea, 'n kaggel, tee- en koffiemaakgeriewe, WiFi, en 'n TV met sekere DStv-kanale in. Hierdie eenheid het 'n balkon en 'n privaat ingang.

Die derde kamer, die Klassieke Swembadkamer, is deel van die hoofgastehuis en word via trappe bereik. Dié kamer spog met 'n stoep met 'n uitsig oor die swembad en see. Die slaaparea het 'n koninggrootte-bed en die badkamer het 'n groot stort. Ander geriewe sluit 'n yskassie, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe in. Daar is ook 'n TV met sekere DStv-kanale.

Die ligging is ideaal vir gaste wat Mosselbaai en alles wat die dorpie aanbied, wil verken . Die gastehuis is naby die Bartholomeu Diaz Museum-kompleks, Diasstrand, De Bakke-strand en plaaslike restaurante.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Christene F
Saam met lewensmaat
5.0
Rustigheid en mooi uitsig en verblyf. Dit was vreeslik mooi en baie netjies, was baie beïndruk met die verblyf en die mense. Buite parkeering maar vei...
Sien meer
Apr 2024
Hendrik C
Saam met lewensmaat
5.0
Netjie, goed toegerus. WiFi was nie baie goed nie. Baie netjiese gastehuis. Sal hom definitief aanbeveel.
Feb 2024
Ross O
Saam met lewensmaat
5.0
Comfy, cosy, clean. Good view, good area.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2023
Marco V
Saam met lewensmaat
5.0
Netjies en waarde vir geld. Asemrowende uitsig van jou kamer. Veilige omgewing en rustig.
Apr 2023
Elrine B
Saam met lewensmaat
5.0
Baie netjies met asemrowende uitsig oor die see en hawe. Baie netjies en skoon met alles wat jy benodig. Baie mooi see-uitsig, asook oor die hawe. Sal...
Sien meer
Feb 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Lize Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Marshstraat 121, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lavandula Manor Self-Catering Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marshstraat 121, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA744727ec5690282a6724ad110434fcfd42250f03e511b5c27b028a60b7293759688904a93144e0342171e8e131ea69a460cf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag (plek vir 2) 22 5 1 5 121 Marsh Street Mossel Bay 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.182182665966 22.13632976073

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang