Lavender House & Lavender Room
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 25 Okt 2024 tot 17 Nov 2024.
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van der Riet 14, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
-
Vanaf
R880R704 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Lavender House & Lavender Room is geleë in Port Alfred, net 100 m van die rivier af en 150 m vanaf restaurante, 'n gesondheidswinkel, geskenk- en dekorwinkeltjies, 'n hotel en 'n skemerkelkie-kroeg. Al hierdie geriewe is stapafstand van Lavender House af.
Ons bied uitmuntende, informele strandhuisverblyf. Dit is 'n selfsorg-eenheid vir 8 tot 10 gaste. Daar is 3 slaapkamers met ekstra lang koningingrootte-beddens. Die hoofslaapkamer het 'n stapelbed en die vierde kamer het 3 driekwartbeddens. Perkallinne en bad- en strandhanddoeke word voorsien. Die huis het 3 badkamers. Twee van die badkamer is en suite en die ander een word deur die gaste in 2 kamers gedeel.
Die oopplan-kombuis is ten volle toegerus en beskik oor 'n yskas, 'n stoof, mikrogolf, en 'n wasmasjien. Daar is 2 sitareas en 'n eetarea met 'n HiFi-stelse, WiFi en 'n kaggel. Netflix is beskikbaar.
Lavender Room het 'n dubbelbed, tafel, 2 stoele, en 'n oopplan-kombuisie. Laasgenoemde is toegerus met 'n yskas, broodrooster, ketel, koffiemasjien, mikrogolf en oondjie. Die aparte badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. En die ingang met 'n tuintjie, sitarea en ingeboude braai is apart van die hoofhuis.
Lavender House en Lavender Room kan as een eenheid of apart bespreek word. Lavender Room het sy eie ingang, maar deer parkeerplek met Lavender House.
Parkeerplek en 'n helling vir stootwaentjies is beskikbaar. Agter die huis is daar 'n ommuurde privaat tuin met 'n dek en braaigeriewe. Let ook dat daar nie 'n hek voor die huis is nie.
Die pragtige strand is net 1 km met die pad af. Daar is ses malariavrye wildreservate in die omgewing, asook die Royal Port Alfred Gholfbaan, tennis, rolbal, bootvaarte, kanovaarte, diepseehengel, en duik.
Vervoer is na die lughawe is beskikbaar, en ons ligging is puik, 150 km vanaf Gqeberha (Port Elizabeth) en 130 km vanaf Oos-Londen.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Sally Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 129
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Van der Riet 14, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
- Gaste dink Lavender House & Lavender Room het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Port Alfred Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van der Riet 14, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang