Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LaVidaLekker

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Staatspresident CR Swart-weg 131, Brenton-on-Sea, Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

LaVidaLekker is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis in 'n yl ontwikkelde bewarea net 15 minute vanaf Knysna. Omdat dit in die hartjie van Brenton-on-Sea geleë is, is dit die perfekte opsie vir natuurliefhebbers.

Die huis bied slaapplek aan 7 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n bababedjie. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 'n enkelbed. Die 2 aparte badkamers het storte.

Die oopplan-leefarea op die boonste verdieping beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, lugbraaier, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware en 'n eiland met stoele toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel en 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n kaggel. Die sitarea het 'n projektor met 'n Apple-TV wat ook Netflix en Disney+ kan stroom. Gratis WiFi is beskikbaar.

Onder is daar 'n tweede sitarea met 'n klavier en dit lei na 'n groot tuin met 'n klimraam vir kinders.

Dié leefarea en die hoofslaapkamer lei na 'n houtdek met 'n etenstafel en 'n losstaande vlekvrye-staalbraai. Dit is 'n wonderlike plek vir gaste om te ontspan en die uitsig oor die tuin, die see in die verte en Buffelsbaai, sowat 5 km ver, te bewonder.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

3

1 x Koningingrootte-bed

1 x Kinderbedjie

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Ligging

  • Staatspresident CR Swart-weg 131, Brenton-on-Sea, Knysna, 6570, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 4 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Staatspresident CR Swart-weg 131, Brenton-on-Sea, Knysna, 6570, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7545392505ac201cdb8ba250b96c60f1263382d4cae2d2a30c050695ee6b084b1bdae813dbdac27e9626518e0d812a6a70e9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 000 per nag (plek vir 8) 131 State President CR Swart Road Brenton-on-Sea 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 11:00 -34.071732959769 23.029810009787

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang