Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lawaaiwater

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jan Bruinstraat 1, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 550 per nag, vir 7 mense

Beskrywing

Lawaaiwater is ideaal vir 4 volwassenes en 3 kinders en is in Witsand geleë. Die eenheid spog met 'n see-uitsig vanaf die boonste verdieping en dis redelik naby die swemstrand.

Die kliphuis beskik oor 4 slaapkamers. Die kamer op die onderste verdieping het 'n dubbelbed en 'n muurverwarmer vir koue aande. Op die boonste vlak is die hoofslaapkamer met 'n dubbelbed, 'n sitarea en 'n klein-badkamer met 'n toilet en 'n wasbak. Die derde slaapkamer het twee enkelbeddens en die vierde slaapkamer het net een enkelbed. Op die onderste verdieping is 'n ruim badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.

Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring. Daar is 'n waaier vir die hitte en 'n verwarmer vir die koue wintersaande.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, skottelgoedwasser, mikrogolfoond, broodrooster, yskas, en ketel toegerus. 'n Gasbrander en ketel is voorsien vir gebruik tydens kragonderbrekings. Die eenheid het ook 'n kis-vrieskas, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Daar is ook selflaai-gloeilampe in die meeste vertrekke.

Daar is 'n oopplan eet- en-sitarea met 'n TV met Compact Plus DStv-kanale. WiFi is op versoek beskikbaar.

Die eenheid het 'n beskutte buitebraai-area.

Witsand het ook 'n paar restaurante en twee winkels waar gaste inkopies kan doen.

Die Breëriviermond by Witsand bied verskeie aktiwiteite soos roei, seil en vlieërplankry. Dis ook 'n hengelaarsparadys met vis soos knorder, kabeljou, steenbras, elf en vele meer.

Kamer-opset

Slaapplek vir 7 mense 4 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Gedeelde dstv

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 37 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Faizil H
Gesin met klein kinders
5.0
We had a lovely time. It was very comfortable.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Fazlu A
Saam met vriende
4.8
Baie lekker plek en ons het dit geniet. Die internet was baie stadig en kan verbeter. Die stort is baie donker en die gordyn is nie goed nie. Die load...
Sien meer
Jan 2024
Jenefer M
Gesin met tieners
4.6
N belewenis, ons sal beslis terugkom. Lawaaiwater is beslis die geld werd. Die huis is netjies, alles wat nodig is. Behalwe dat die kamer om die onder...
Sien meer
Jan 2024
Nadia B
Gesin met tieners
4.4
Struktureel perfek, maar funksioneel het dit nie lekker vir ons gewerk nie. Oulike plek vir gesinne met klein kinders, maar ons het bietjie gesukkel. ...
Sien meer
Jan 2024
Janis T
Gesin met klein kinders
4.4
Wonderful break on the best beach in the world! We loved Lawaaiwater as a traditional-style cottage right on the beach! Casual yet pack...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Hannelie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 37

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Jan Bruinstraat 1, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lawaaiwater het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 550
per nag, vir 7 mense
Vanaf
Vanaf R 1 550
per nag, vir 7 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 7 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Jan Bruinstraat 1, Witsand, 6666, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA51ab8eadee4e6eff926e88f0bc9c083b4dd57fac536f33e36fd6a86cd649b509aa656fc6796f816043273bbd1f136bee3b37?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 550 per nag, vir 7 mense 37 5 1 5 1 Jan Bruin Street Witsand 6666 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.396322262102 20.850815623999

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang