Lawaaiwater
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jan Bruinstraat 1, Witsand, 6666, Wes-Kaap
- Vanaf R1 550 per nag, vir 7 mense
Beskrywing
Lawaaiwater is ideaal vir 4 volwassenes en 3 kinders en is in Witsand geleë. Die eenheid spog met 'n uitsig oor die see en is relatief naby die strand.
Die klipkothuis het 4 slaapkamers. Die kamer op die onderste vlak het 'n dubbelbed en 'n muurverwarmer vir koue nagte. Op die boonste verdieping is die hoofslaapkamer met 'n dubbelbed, 'n sitarea, en 'n klein badkamer met 'n toilet en 'n wasbak. Die derde slaapkamer het twee enkelbeddens en die vierde slaapkamer het net 'n enkelbed. Op die onderste verdieping is daar 'n ruim badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak.
Beddegoed word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring. Daar is 'n waaier vir die hitte en 'n verwarmer vir die koue winternagte.
Daar is 'n volledig toegeruste kombuis met 'n stoof, oond, skottelgoedwasser, mikrogolf, broodrooster, yskas en ketel. 'n Gasbrander en ketel word voorsien vir gebruik tydens kragonderbrekings. Vir jou gerief het die eenheid ook 'n kisvrieskas, wasmasjien en tuimeldroër. Ons het ook selflaai-gloeilampe in meeste kamers.
Daar is 'n oopplan-eetarea en -leefarea met 'n TV met Compact Plus DStv-kanale. WiFi is op versoek beskikbaar.
Die eenheid het 'n onderdak buitebraai-area.
Witsand het ook 'n paar restaurante en twee winkels wat jou van die nodige kruideniersware kan voorsien.
Die Breederiviermond by Witsand bied verskeie doendinge soos roei, seil en vlieërplankry. Dit is ook 'n hengelparadys met visse soos knor, kabeljou, rotsalm, elf, en vele meer.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Gedeelde dstv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Hannelie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 37
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Jan Bruinstraat 1, Witsand, 6666, Wes-Kaap
- Gaste dink Lawaaiwater het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jan Bruinstraat 1, Witsand, 6666, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang