Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

L'Bloom Country House

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs Winterhoekweg, De Oude Drostdy Plaas, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 400 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

L'Bloom Country House word omring deur bome op 'n werkende vrugteplaas en is 'n lieflike selfsorghuis vir 6 mense in Tulbagh.

Die ruim huis bied 3 slaapkamers met lugversorging, 'n moderne kombuis, 'n eetarea en sitkamer. Die hoofslaapkamer lei na die tuin en is ingerig met 'n koningingrootte-bed en ondervloerse verhitting, 'n instapkas en 'n en suite-badkamer met 'n bad, 'n stort en 'n toilet. Die tweede slaapkamer is ingerig met 2 driekwartbeddens, en die derde het 'n stapelbed. Die 2 kamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad, 'n stort en 'n toilet. Gerieflikheidshalwe word linne en handdoeke voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n induksiestoof, 'n oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Skottelgoedwasser en 'n wasmasjien is ook beskikbaar vir gaste om te gebruik. Koffie, tee, suiker en melk word voorsien

Gaste kan hul maaltye geniet by die etenstafel wat oor die tuin en berge uitkyk, ontspan in die sitkamer wat toegerus is met 'n TV met sekere DStv-kanale, of voor die binnebraai-area. Gaste moet asseblief eie vuurmaakhout saambring; vuurmaakhout kan ook op versoek gereël word teen 'n ekstra koste. Daar is 'n eerlikheidswinkel in die huis waar gaste produkte, drankies en hout kan koop.

Die huis het 'n wonderlike omheinde tuin vir kinders om in te speel, 'n ritslyn, sandput, 'n alarmstelsel en 'n elektriese hek vir beheerde toegang. Gaste is welkom om hul fietse saam te bring om te verken en hengeltoerusting om in die nabygeleë dam te hengel.

L'Bloom Country House is net 3 minute vanaf Tulbagh. Die historiese dorpie bied verskeie doendinge soos wynproe by die nabygeleë wynlandgoedere en wingerde, stap, voetslaan, bergfietsry, en perdryroetes.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xStapelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet
Badkamer 3

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 15 resensies vir L'Bloom Country House
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Nicolette Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 17

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Langs Winterhoekweg, De Oude Drostdy Plaas, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
  • Gaste dink L'Bloom Country House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Tulbagh Boland Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R3 400
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R3 400
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs Winterhoekweg, De Oude Drostdy Plaas, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf6de910d5752e7a341d3fe7895f146d2d935c42a3df99ea2504b84d734c8a3bfedbdafc1cfb4135962c000c9039a3f91610a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 400 per nag, vir 6 mense 15 5 1 5 Off Winterhoek Road De Oude Drostdy Farm 6820 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -33.260300850161 19.155734123505

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang