Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Le Chaim Cottage

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Baie goed

Netheid
4.7
Ligging
4.1
Waarde vir geld
3.7
Diens
4.1
Veiligheid
4.1
Nikita C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Jan 2023

Lekker rusplekkie naby die see. Daar was 'n uitstekende klein stuk strand reg voor die hoofhuis wat ons kothuis aan was. Dit was so lieflik, en cosy en alles was netjies en mooi versorg. Woonstel het alles wat jy dalk nodig sal kry vir 'n lekker kort wegbreek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Anton B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Feb 2024

Lekker naweek wegbreek. Ruim, goed toegerus. By 'n mooi strand en maklike loopafstand na Paternoster Waterfront.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Anonieme gas
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.6
Aug 2024

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Susan V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
1.6
Sep 2023

Sal nie aabeveel nie. Daar is geen komberse om jou warm te hou nie of 'n verwarmer nie. Daar is ook geen veilige pakering nie. Die betalaar is daar elke 5 min. Geen see-uitsig nie.

Netheid
2.0
Diens
2.0
Ligging
1.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
2.0

Sharon E
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Aug 2022

Beautiful, cosy apartment close to the sea. Good security features, cosy with a lovely fireplace just a stone's throw from the beach and waterfront. Would highly recommend.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ria-marié A
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Nov 2022

Rustig, netjies en skoon. Die rede vir 'n resensie is om toekomstige huurders in te lig wat nie op die advertensie te sien is nie. Dit was lekker om in 'n plek in te stap wat so mooi skoon en netjies is. Met ligte en 'n TV wat aan was, het ons baie welkom gevoel. Die see-uitsig kan misleidend wees. Dit is 'n woonstel aan die agter/sykant van die huis en alhoewel die huis teen die see is, is daar geen see-uitsig as jy in die woonstel is nie. Jy moet uitstap om 'n stukkie see te sien en dan na die voorkant van die huis stap om die pragtige see-uitsig te sien, wat mens nie sommer sal doen as daar huurders in die huis is nie. Baie dankie vir 2 soorte tee en suiker. Bietjie koffie sou ook lekker gewees het. Op die advertensie is daar geen foto's van die koelkas nie. Dit is baie klein. Ons kon nie al ons goed inkry nie. Die plek adverteer dat hulle 'n mobiele braai het, maar dit is 'n Weber wat braai bemoeilik. So, neem eie braai saam as jy nie wil sukkel nie. Dit is 'n lekker plekkie vir 'n nag of 2.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Pieter V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Apr 2021

Heerlik! Beslis die moeite werd!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Maryna S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
2.6
Feb 2021

Sien onder Plekkie is vreeslik mooi ingerig. Daar is nie aan ons gekommunikeer waar om die sleutel te ontvang nie. Daar is nie mooi aangedui waar ons moet ingaan vir die cottage nie aangesien dit deel van die huis is. Daar was 'n kragonderbreking Saterdag - daarna het die DSTV (nie 'n groot issue nie), die internet (ook nie 'n groot issue nie) en die geyser nie weer aangekom nie. Sondagoggend se stort was nie baie aangenaam nie. Ek het Saterdag probeer kontak maak met die eienaar om die bogenoemde deur te gee - daar was nie antwoord nie en ek het voortgegaan om 'n sms te stuur. Ons het geen kommunikasie terug ontvang nie.

Netheid
5.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
1.0

Elize M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Nov 2020

Het aan al ons verwagtinge voldoen. Net die waaier was nie in werkende toestand nie as gevolg van ’ foutiewe draad wat my ’n ligte skok gegee het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Amanda V
Kort verblyf
4.6
Nov 2020

Perfek gelee by Bekbaai se pragtige strand, ideale plekkie om weer asem te skep en batterye te herlaai.. Die kothuis is smaakvol gemeubileer, met alles wat jy nodig het. So naby aan die stil strand, perfek vir wandelings langs die strand, terwyl die gedruis van die see die susmiddel vir 'n heerlike middagslapie.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Reservations Geverifieer

Eiendomme 71

Resensies 1756

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf
Vanaf R 1 150
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 150
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sonkwasstraat 16, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8be5330e4436f01959ae7dd22274c88548c810f213990c722bbf04a14507273bdaee3dfbc26ac15d23a006753d2b39e73274?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150 per nag (plek vir 2) 15 5 1 5 16 Sonkwas Street Paternoster 7381 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -32.809360764473 17.883894145489

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang