Le Marina Bed and Breakfast
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Schoonerrylaan 12, Admiral Island, Port Owen, 7365, Wes-Kaap
- Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Ons almal het nou en dan nodig om uit die stad te vlug en van die daaglikse stres te ontsnap. Le Marina is die ideale plek om presies dit te kan doen. Die oomblik wat jy deur Admiraal-eiland se hekke ry, sal jy die spanning afskud.
Le Marina is 'n intieme B&B met 2 luukse waterfront-kamers met en suite-badkamers en bied slaapplek vir 4 gaste. Soggens sal jy wakker word met die geroep van seemeeue en dan 'n heerlike Engelse ontbyt geniet voor jy koerskry om die omgewing te verken. Elke kamer is lekker ruim en het lugversorging en 'n TV, haardroër en koffie- en teemaakgeriewe. Ontspan in die groot ovaalbad, geniet 'n heerlike stort in die ruim en volledige en suite-badkamer, of stap uit na jou privaat patio wat oor die waterweë uitkyk.
Die Weskus is waarlik 'n onontdekte juweel. Die stil en rustige area bied ongelooflike sonsondergange, volop voëllewe en meer as genoeg watersport. Daar is daaglikse riviervaarte en die geleentheid om voëllewe van nader te beskou met 'n georganiseerde kanovaart saam met 'n ervare gids. As jy verkies om op jou eie te verken, kan jy ons kajak met 2 sitplekke of kano gratis gebruik en om die eiland roei. Daar is verskeie restaurante binne 'n kort afstand van die B&B.
Ons het ook 'n kroeg met 'n pooltafel en 'n TV-kamer. Daar is 'n soutwaterswembad en privaat braaigeriewe beskikbaar. Aangesien ons in die diep water van die marina geleë is, met direkte toegang tot die see, kan ons ook 'n 5 m-lange boot by ons privaat jetty akkommodeer.
Ongelukkig kan ons nie vriende of familie van betalende gaste by Le Marina akkommodeer nie. Die geriewe wat ons bied is eksklusief vir die gebruik van ons betalende gaste.
By hierdie sekuriteitslandgoed is ons verantwoordelik die diegene wat toegang to Admiral Island het. Tensy iemand by ons bespreek het, sal hulle toegang tot die eiland verbied word.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Piekniekmandjies Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Kevin Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 48
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Schoonerrylaan 12, Admiral Island, Port Owen, 7365, Wes-Kaap
- Gaste dink Le Marina Bed and Breakfast het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Schoonerrylaan 12, Admiral Island, Port Owen, 7365, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang