Le Paradis 28
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Compensation Beach-weg 64, Ballito, Dolfynkus, 4301, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 897 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Le Paradis 28 is in die idilliese kusdorp Ballito en is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel wat ideaal is vir 'n gesin of groep vriende wat op soek is na rustige verblyf stapafstand van die strand.
Die woonstel op die eerste verdieping bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak, bad en stort. Die ander slaapkamers het elk of 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens. Die gastebadkamer het 'n toilet, wasbak en stort-oor-bad.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n sitarea, eetarea en kombuis. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, broodrooster, ketel, mikrogolf, wasmasjien en skottelgoedwasser toegerus. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n slim-TV met Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar. Die sitarea lei na 'n balkon met 'n houtskoolbraai. Die kompleks is veilige en die hoofhek van die kompleks werk met 'n afstandbeheerder. Daar is 'n enkeltoesluitmotorhuis vir gaste se gebruik en beperkte parkeerplek vir gaste.
Die verblyf het ook 'n omsetter vir die plafonwaaiers, ligte, TV en yskas. Let asb. dat die stoof nie gedurende beurtkrag werk nie.
Die kompleks het 'n groot swembad en 'n plonspoel vir kleuters. Dit is 1 km vanaf Granny's Pool en Willard-strand. Ballito Junction Regional Mall is naby die verblyf sowel as 'n verskeidenheid restaurante.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Ballito
Accommodation ...
Eiendomme 100+
Resensies 85
Op LekkeSlaap 11 maande
Ligging
- Compensation Beach-weg 64, Ballito, Dolfynkus, 4301, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Compensation Beach-weg 64, Ballito, Dolfynkus, 4301, KwaZulu-Natal