Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Le Petit Bijou Woonstelle

Selfsorg
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hugenoteweg 58, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 290 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Le Petit Bijou beteken "klein juweel" en is in die hartjie van Franschhoek geleë, naby alles wat die wonderskone area bied. Daar is luukse selfsorgwoonstelle wat toegerus is met al die nodige geriewe vir moderne gemak. Die Franschhoek-trem maak 'n draai by jou voorstoep sodat jy die hele dag lank kan wynproe en eet by die top-wynlandgoedere in die area sonder om eers jou karsleutels te lig.

Daar is 4 gerieflike woonstelle met 'n paar uitlegte beskikbaar sodat elke gas tuis sal voel. Elke luukse woonstel het 'n lieflike leefarea en 'n goed toegeruste kombuis. Geriewe sluit 'n TV met Netflix, DStv, lugversorging en gratis WiFi in.

Die woonstelle is onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk aangesien dit met 'n sonkrag- en batterystelsel toegerus is, en gaste nie deur beurtkrag geaffekteer word nie.

Die kompleks is binne stapafstand van heelwat doendinge in die area af. Besoek die restaurante, rariteitswinkels en historiese dorpsmonumente. Daar is ook heelwat wingerde en wynlandgoedere in die omgewing waar gaste kan gaan inloer. Die Franschhoek-trem is net 'n paar honderd meter weg.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Christoff Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Hugenoteweg 58, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Gaste dink Le Petit Bijou Woonstelle het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 290
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R3 290
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hugenoteweg 58, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAiWGPrXjSuXVrtOdNIsMdgfVC2EnCNwl6sdnStKz7P0kSXqaQ0F?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 290 per nag, vir 2 mense 4 5 1 5 58 Huguenot Road Franschhoek 7690 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 11:00 -33.909364497645 19.11802815377

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang