Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Leafy Retreat

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 3 persone
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Villierslaan 54, Kenridge, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 300 R1 170 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Leafy Retreat is 'n moderne eenslaapkamerwoonstel in Kenridge, 'n rustige, veilige en boomryke buurt in Durbanville. Die woonstel is gerieflik geleë naby die Tygervallei Winkelsentrum, US Besigheidskool, Durbanville sentraal en die Durbanville Wynroete.

Die woonstel is op die eerste verdieping en bied verblyf aan 3 gaste. Dit het 'n slaapkamer, 'n badkamer, 'n sitkamer en kombuis. Die ruim slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n enkelbed en lugversorging. In die badkamer is 'n inloopstort, wasbak en 'n toilet.

Die hoof-leefarea het 'n oopplan-kombuis met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is ook beskikbaar. Daar is ook 'n eetarea vir 4 by 'n ontbyttoonbank.

Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n slim-TV met Netflix en Showmax. Die woonstel is toegerus met onbeperkte WiFi. Daar is 'n dakwaaier in elke vertrek sowel as lugversorging.

Die eiendom het veilige parkeerplek agter ’n elektriese hek.

Die eenheid maak van bystandkrag tydens beurtkrag gebruik en dus word gaste nie deur kragonderbrekings geaffekteer nie, behalwe vir die lugversorging wat nie tydens beurtkrag werk nie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 3 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Anrich G
Gesin met klein kinders
5.0
Sal definitief aanbeveel vir familie en vriende. Baie baie lekker. Ek sal definitief weer van hulle gebruik maak. Baie netjies en skoon en klein detai...
Sien meer
Apr 2024
Retha S
Gesin met tieners
5.0
Heerlik! Dit was 'n huis weg van die huis! Heerlike verblyf in 'n baie netjiese, mooi en skoon woonstel. Pragtige omgewing.
Des 2023
Tina D
Saam met lewensmaat
5.0
Baie netjies en skoon, sal beslis weer gebruik. Ons het baie lekker gebly!
Aug 2023
Angela Z
Saam met lewensmaat
5.0
Skoon en netjies. Ons sal vir seker weer by Leafy Retreat bly. Dit is skoon, netjies, veilig, waarde vir geld en baie toeganklik.
Jun 2023
Chantell T
Saam met vriende
5.0
Lovely place to stay. Very cosy, felt like home away from home.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Margaretha Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • De Villierslaan 54, Kenridge, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Gaste dink Leafy Retreat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 300
R 1 300 R 1 170
per nag (plek vir 3)
Vanaf R1 300
R 1 300 R 1 170
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Villierslaan 54, Kenridge, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdab34798dccd1a8dadfc6a96b914361162d5e52d680affbee4225588d35f7e85cd4094bbee61aa676d8ade75b2b7788d33e7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 300 nouVanaf R1 170 per nag (plek vir 3) 6 5 1 5 54 De Villiers Avenue Kenridge 7550 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.855895575777 18.634060633135

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang