Leah's View
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: High Level-weg 288, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
- Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Leah's View is 'n bekoorlike selfsorgvakansiehuis met 'n see-uitsig in Pringlebaai, net 'n entjie vanaf die strand en die strandmeer, wat dit ideaal vir 'n gesinsvakansie maak.
Dié verblyf bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die eerste slaapkamer op die boonste verdieping het 'n koninggrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer op die grondverdieping het 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die kombuis is met 'n elektriese stoof, 'n tweeplaatgasstoof, 'n oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware en 'n yskas-vrieskas toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 4. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n heerlike onderdakstoep met sitplek en 'n ingeboude braai. Parkeerplek is in 'n toesluitmotorhuis beskikbaar en die huis het 'n alarmstelsel. Pringlebaai bied uitstekende restaurante, delis, 'n bakkery, supermarkte, kunsgalerye, oulike winkeltjies en 'n klein oggendmarkie op Saterdae in die somer.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Sarah Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 10 maande
Ligging
- High Level-weg 288, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
- Gaste dink Leah's View het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Pringlebaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: High Level-weg 288, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang