Ledges Retreat Guest House
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 26 Okt 2024 tot 10 Des 2024.
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Distrikpad D119, Jagersrust, 3354, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 840R1 472 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Ledges Retreat Guest House is 'n klein, plattelandse-styl gastehuis in 'n rustige vallei in die Noordelike Drakensberge. Dit bied pragtige uitsigte oor die omliggende berge. Die gastehuis maak deel uit van die Okhahlamba Wêrelderfenisgebied en dis naby die Royal Natal Nasionale Park wat die tuiste is van die Tugela-valle, die hoogste waterval in die wêreld, sowel as die manjifieke Amfiteater.
Verblyf word aangebied in 2 selfsorgkothuise, Hillside Kothuis en Farmhouse, sowel as 4 B&B-kamers. Die oord as 'n geheel bied slaapplek aan 18 gaste.
Hillside Kothuis is 'n ruim tweeslaapkamereenheid met slaapplek vir 4 gaste. Dit spog met pragtige berguitsigte. Die sonnige Farmhouse bied pragtige berguitsigte en het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders in 2 slaapkamers. Die Kothuis en Farmhouse het elk 2 badkamers met of bad- of stortgeriewe. Die Kothuis en Farmhouse het ook elk 'n volledig toegeruste kombuis, eetarea, sitarea met 'n kaggel en gratis WiFi. Braaigeriewe is op die stoep van elke eenheid beskikbaar.
Die 4 B&B-kamers bied elk slaapplek aan 2 gaste en elkeen het 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Daar is 3 slaapkamers wat elk 'n koningingrootte-bed het en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke kamer het ook 'n yskassie, ketel, koffie- en teemaakgeriewe, beperkte WiFi-toegang en 'n TV met sekere DStv-kanale. Hierdie kamers het toegang tot 'n aparte, gemeenskaplike kombuis, braai-area, eetarea en sitarea.
Die oord is halfpad tussen Johannesburg en Durban en is die ideale plek vir familiereünie. Gaste kan lekker braai terwyl die kinders op die groot grasperke baljaar, swem, of op die trampolien spring.
Ander besienswaardighede en prettige aktiwiteite in die omgewing sluit in: All Out Adventures, uitryritte by Northern Horse Stables, die Forest Retreat Spa by Cavern Resort of spabehandelings by Hlalanathi, die Tower of Pizza-restaurant, 'n gholfbaan en uitstekende voetslaan- en bergfietsroetes.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Jessica Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 35
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Distrikpad D119, Jagersrust, 3354, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Ledges Retreat Guest House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Noordelike Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Distrikpad D119, Jagersrust, 3354, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang