Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Leeuwberg Gastehuis

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.5
Waarde vir geld
3.9
Diens
3.7
Veiligheid
4.3
Hannie M
1 nag
5.0
Jan 2024

Heerlike rustige oorslaapplek op die plaas! Dit was 'n heerlike ervaring en ek beveel die platteland beslis aan. As 'n plaaskind was dit vir my hemel op aarde.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Sasha C
1 nag Gesin met tieners
5.0
Des 2023

Lovely. Everything was wonderful! Even had a private tour of their fantastic war museum. A beautiful, charming old farmhouse.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Elsabe T
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2023

Tipiese plaashuis, vol geskiedkundige foto's and ander memorabilia. Baie interessant vir enige iemand wat in geskiedenis belangstel. Baie gawe gasvrou, veilig met sekuriteitspatrollies deur die nag. Lekker vuurmaakplek in die plaaskombuis.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

William H
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Jun 2023

'n Reis na die verlede. As jy lekker wil slaap en sommer ook voel asof jy deel is van die geskiendenis van Suid Afrika, dan is hierdie die plek vir jou. Ons is heelhartig ontvang en daar is uit die pad gegaan om ons welkom te laat voel. Ons kon selfs vinnig 'n draai in die museum maak en het ons verblyf baie geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Stefanie S
1 nag Saam met lewensmaat
1.4
Mei 2023

Net oornag. Die buite-area is regtig verwaarloos. Geen vuilgoeddrom nie. Plug by bed nie ingeplug nie. Kon nie bed skuif nie. Toiletsitplek het afgeval. Spinnerakke in kamer. Definitief nie geld werd nie. Dalk R250.

Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
2.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
1.0

Lourens B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2021

Uitstekend! Uitstekende diens en gasvryheid. Ek het hierdie gastehuis gekies omdat ons 27 jaar terug op Onze Rust getroud is - gasvrou, Jackie en man Colin het uit hul pad gegaan om die geleentheid en verblyf 'n aangename en blywende herinnering te maak. Colin se museum en uitstallings op die plaas is 'n belewenis en beslis 'n besoek werd, maak seker jy het genoeg tyd om hier te spandeer indien oorlog-geskiedenis jou passie is. Soos 27 jaar terug op die dag van ons troue, 'n aand en 'n oggend wat beide ek en my vrou nie sal vergeet nie. Dankie Jackie en Colin vir jul moeite en gasvryheid, ons sien mekaar spoedig weer!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Tharina Bennie V
1 nag Gesin met klein kinders
4.8
Jan 2021

Ons kom terug! Wat ‘n interessante plek met die vriendelikste gasheer en gasvrou! Colin se oorlogskennis is uitstaande. So bly ons het gekies om hier oor te slaap.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Jan C
1 nag
3.0
Jan 2021

Pragtige omgewing naby N1 maar daar was geen formele "ontvangs" nie. Ons moes die staff gaan soek op die plaas. Die kamer was baie netjies en smaaklik uiteengesit maar dit was 'n dubbelbed nadat ek 2 enkelbeddens geboek het en die kamer het nie badkamer gehad nie, moes buite badkamer gebruik. Gaste moet ook kennis neem dat daar nie etes bedien word nie en moet hulleself sodanig voorberei.

Netheid
3.0
Diens
1.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0

Liezl V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2019

Absoluut fantasties. Jackie en ou Anna het ons so gemaklik en tuis laat voel. Die huis was ruim en het ongelooflik baie geskiedenis. Ons het elke oomblik geniet en het glad nie eers TV of radio gemis nie!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Janine D
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jan 2019

Dit was 'n aangename, besondere, leersame ervaring. Ek wil net graag enkele punte uitwys wat net verwarring op die advertensie kan veroorsaak. Die kamers word geadverteer met storte.Die plaashuis met die vier kamers binne het net een badkamer met 'n bad (die stort is in die bad).Die badkamer met die stort is buite die huis. Die pragtige swembad is op die naasliggende plaas wat so 4,4 km van die gastehuis is, maar die ry soontoe is definitief die moeite werd. Dit is 'n belewenis! Buiten die is hierdie verblyf regtig die moeite werd. Die eienaars (Colin en Jackey is ongelooflike gasvrye mense en het ons verblyf 'n onvergeetlike ervaring gemaak!). Die oorlogmuseum op die plaas is 'n moet om te beleef en Colin se kennis wat hy met ons gedeel het was ongelooflik. Hierdie was 'n heerlike kuier ervaring en my kinders het dit ook geniet .

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jackie
Leeuwberg Gastehuis
Ek is verheug as Leeuwberg gaste van die ou historiese plaashuis 1840 se atmosfeer en oornag geleentheid wil gebruik maak, en dit nog ook leersasm en geskik vind. Ons sien die geleentheid op hierdie stadium as uithelp vir gaste wat nie in die srad as sulks wil bly nie, en maklik en vinnig vanaf die N1 roete wil arriveer en vertrek op hul lang togte. ń Rezevour op die koppie by Leeuwberg, is ń vervrissende swemgat geleentheid in die werklike warm maande van November tot Februarie wanneer diie hitte vir mens en dier moeilik uithoubaar word. Die onthaalplek en museums op Onze Rust en Leeuwberg verblyf en museums is dieselfde besigheid. Onze Rust en Leeuwberg is 2, 8 km van mekaar maar eintlik net geskei deur die N1 snelweg. Elke plaas het verskillende geleenthede om te bied maar werk meeste van die tyd as ń eenheid met twee dele. Die Leeuwberg plaashuis het 7 kamers met in totaal van 3 vol storte en 1 sitsbad met handstort. Daar is nog 2 storte geleenthede in beplanning asook die herwinning van die ou solder 1840. Die ou huise is so ontwerp met min geriewe en die oggend en aandbeurte soos in die ou dae veroorsaak baie pret en interne reëlings sodat almal gehelp kan word. Die museums en historiese staptoer, voëls kyk, is oulike tydverdryf vir die gaste. Ons is maar basies besig met plaas projekte en verskaf werk aan ons werkers. Dankie vir ons gaste se besprekings tot ons plaas projekte.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Jackie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Leeuwberg Plaas, Vanaf die N1, Bloemfontein, 9325, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAU713E1BXbflwn07daN5eWycsVaQlDfDhkoyluw9601Wm8jHn3N?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 14 5 1 5 Farm Leeuwberg Off the N1 9325 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.280043212088 26.159939750501

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang