Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Leeward Lodge

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Partridge Place 7, Melkbosstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Leeward Lodge is in Melkbosstrand aan die Weskus geleë. Die Atlantic Beach Gholflandgoed, Koeberg Natuurreservaat en die Suid-Afrikaanse Lugmagmuseum is net om die draai.

Verblyf is beskikbaar in 'n selfsorg-eenheid. Die eenheid het 2 slaapkamers, 1 volledige badkamer, 'n ten volle toegeruste kombuis, en 'n oopplan-sitkamer en -eetarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, stoof, oond, broodrooster, kookgerei, wasmasjien en tuimeldroër. Verder is daar 'n TV, DVD-speler, strykplank en -yster, braai-area en veilige parkeerplek op die perseel vir 2 voertuie per eenheid.

Aktiwiteite in die omgewing: gholf, stap, vlieërbranderry, paintball, perdry, "laser tag", sandplankry en swem.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Openbare vervoer naby

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 39 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Paula G
Saam met vriende
5.0
Beautiful location. Stay at Leeward Lodge was comfortable. It would be nice if they could have small soaps and shampoo in the event gue...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Amanda C
5.0
Ek het my verblyf geniet. Ek het my verblyf van 10 dae daar geniet. Sal dit definitief aanbeveel.
Aug 2023
Rohan F
4.8
Waarde vir geld. Heerlike plek. Baie spasie.
Des 2024
Harry S
Saam met lewensmaat
4.8
Mooi omgewing en rustig. Ons verblyf was baie aangenaam en rustig, alles het gewerk en die plekkie was mooi skoon, dankie baie.
Feb 2024
Jan V
4.2
Net wat ons nodig gehad het. Baie lekker rustige plek. So stil jy kan die see se golwe hoor in die nag.
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Mari Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 39

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Partridge Place 7, Melkbosstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Leeward Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Partridge Place 7, Melkbosstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA63e691013c5f5ed883654f917cd9c9f19aa494b184afafca3f25f44e2de7d9319c72669f395a75b7fbb066c96dadff638944?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 39 5 1 5 7 Partridge Place Melkbosstrand 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -33.699895537045 18.444721690807

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang