Leisure Bay Self-catering
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Blackpool-laan 954, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
- Vanaf R750 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Leisure Bay Self-catering is 'n deel van 'n houthuis in Leisure Bay en bied gerieflike verblyf aan 6 gaste.
Die huis beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 2 slaapkamers met 2 enkelbeddens. Die slaapkamers deel die gebruik van 2 badkamers, waarvan die een en suite is. Vir gaste se gerief word linne en badhanddoeke voorsien en waaiers en verwarmers is ook beskikbaar.
Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n gasstoof en oond, 'n mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, sowel as 'n ontbyttoonbank. Gaste kan in die sitkamer ontspan voor die TV met DStv. Die sitkamer bied ook toegang tot 'n dek met 'n uitsig oor die omgewing.
Braaigeriewe is beskikbaar en parkeerplek word onder 'n skadunet voorsien. Skoonmaak kan gereël word teen addisionele koste. Troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf bespreek is, ongelukkig sluit dit apies uit.
Die boomryke erf sal die kinders vermaak en die strand, waar gaste kan branderplankry, lyfplankry en swem, is net 1 km weg. Verskeie koffiewinkels en gholfbane is ook net 'n klein entjie se ry weg, en gaste kan die Umtamvuna Natuurreservaat en Clear Water besoek vir voetslaanpaaie en waterval-uitsigte.
Die lae suidkus ondervind water probleme maar ons het voorsiening gemaak met 2 x 2100l water tanks, neem asb kennis dat gedurende beurtkrag kan ons nie water pomp nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Tanita Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 38
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Blackpool-laan 954, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Leisure Bay Self-catering het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Leisure Bay Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Blackpool-laan 954, Leisure Bay, 4278, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang