Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Leisurebay Villa 27

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Leisurebaai Villas, 1299 Bournemouth-laan, Ivy Beach, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 750 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Leisurebaai Villa 27 is 'n baie gewilde luukse, ruim, privaat en veilige selfsorgwoonstel deel van 'n aparte privaat ontwikkeling ook met sy eie groot privaat swembad. Die ontwikkeling is gelee binne en aangrensend die gewilde en veilige TO Strand-vakansieoord in Leisurebaai aan die Suidkus van KwaZulu-Natal.
Villa 27 bied slaapplek aan 8 gaste en is ideaal vir 'n gesin, 'n groep vriende of pensioenarisse.
Alle ouderdomme word verwelkom.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed met ingeboude kaste en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens.
Die tweede en derde slaapkamer het sy eie volledige badkamer met 'n dubbel stort, toilet en 'n wasbak.

Oopplan eetkamer is ruim en spog met 'n groot 8 sitplek tafel en banke.

Die ooplan-kombuis is tenvolle toegerus met onder andere 'n ontbyt eiland, stoof, oond, toonbank, dubbelyskas-vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware.

Villa 27 spog ook dan met sy eie volledige toegeruste waskamer met wasmasjien, tuimeldroër, strykplank en stryk yster.

Die oopplansitarea het 2 gemaklike rusbanke, voet stoeltjies, slim-TV en gratis Wi-Fi.

Villa 27 se hartjie is natuurlik sy baie gewilde ruim onderdakstoep met ingeboude braai, patio sit stel, patio bank stel en 2 dakwaaiers.
Gaste het eie privaat en veilige parkeerplek vir minstens 2 voertuie.
Villa 27 spog ook met 'n alarm stelsel, sy eie noodwater berging stelsel en 'n buite stort vir die avontuurlustige.

Die TO Strand Oord toegang is vrylik en bied 'n gemeenskaplike swembad, restuarant, bar, kinder vakansie program, strandspele, kayak, boogskiet, muurklim, mini golf en vele meer. Aktiwiteite in die omgewing sluit in verskeie bekende golfbane, voëlkyk, rivier visvang, strand en rots visvang, diepsee-visvang, snorkel, voetslaan, fietsry en swem in. Wild Coast Casino en Waterpark is slegs 15 minute se ry vanaf die Oord.

Daar is 2 privaat toegangshekke tot die strand vanaf Villa 27 via die TO Strand Oord.
Inklok by Villa 27 is via die TO Strand Oord hoofhek en gratis voertuig permit vir die durasie van u verblyf word vooraf gereel met aanvanklike aanmelding by die oord se hoofhek en sekuriteit.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet met bidet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

4

2 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Toilet met bidet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig
Vervoerdienste
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Braai
Vuurmaakhout
Warmbad
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.3

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Nico Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Leisurebaai Villas, 1299 Bournemouth-laan, Ivy Beach, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Leisurebay Villa 27 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 750
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 1 750
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Leisurebaai Villas, 1299 Bournemouth-laan, Ivy Beach, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8e2d3a9cce1fcf511a045004f96e49dd7f5584e32d859d7bfc3b7579a019e0cfeeaae6d9b3f0b51074419cb7c062ea5a1acf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 750 per nag (plek vir 8) 6 5 1 5 Leisurebaai Villas, 1299 Bournemouth Avenue Ivy Beach 4278 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -31.027853351063 30.233693272957

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang