Lekker Plekkie Farm Cottage
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Lekker Plekkie, R563, Hekpoort, 1790, Gauteng
- Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Lekker Plekkie Farm Cottage is 'n knus selfsorgkothuis teen die suidelike hange van die Magaliesbergreeks in die Wieg van die Mensdom, Hekpoort. Dit is ideaal vir 'n paartjie wat die gewoel van die stadslewe wil ontsnap.
Dié kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n oopplan-ontwerp. Dit het 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die badkamer het 'n stort, gasgeiser, wasbak en toilet. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die kombuis lei na 'n sitarea en daar is gratis WiFi.
Buite is 'n onderdakstoep met 'n tafel en stoele waar gaste 'n ete of 'n oggendkoffie kan geniet terwyl hulle die uitsigte op die Magaliesberge bewonder. Verder is daar 'n privaat braai-area en boma waar gaste saans kan kuier. Aktiwiteite in die omgewing sluit voetslaan, bergfietsry, lugballonritte en wildritte in.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Nell Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 8 maande
Ligging
- Lekker Plekkie, R563, Hekpoort, 1790, Gauteng
- Gaste dink Lekker Plekkie Farm Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Lekker Plekkie, R563, Hekpoort, 1790, Gauteng