Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lekkerbreek Lodge

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rondefontein 84 JR Plaas, Dinokeng, 0406, Limpopo
  • Vanaf R8 250 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Lekkerbreek Lodge bied rustige en gerieflike selfsorgverblyf in die Noordelike gedeelte van die Dinokeng Groot 5 Wildreservaat. Die lodge kan slegs as 'n geheel bespreek word en geen enkelkamerbesprekings word aanvaar nie. Die lodge is deurdag ontwerp met 'n sentrale kuierarea en spog met 'n uitsig oor die omliggende bosveld. Dit is ideaal vir gesinne of 'n groep vriende wat op soek is na 'n rustige wegbreek.

Die lodge beskik oor 6 privaat kamers met en suite-badkamers en het slaapplek vir 12 gaste. Twee van die kamers het elkeen 'n ekstra-lang koninggrootte-bed wat ook as 2 ekstra-lang enkelbeddens opgemaak kan word. Nog twee van die kamers het ekstra-lang koninggrootte-beddens en daar is twee ander kamers met 'n koningingrootte-bed elk. Elke en suite-badkamer het 'n stort en daar is een en suite-slaapkamer met 'n stort-oor-bad en 'n uitsig oor die bosveld. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas, vrieskas, mikrogolf, oond, gasstoof, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die leefarea het 'n etenstafel, 'n kroeg met 'n yskas, 'n TV met DStv en gemaklike rusbanke. Dié area lei na 'n dekarea met 'n tafel en 14 stoele, 'n onderdak-gasbraai, 'n boma-area met stoele, 'n swembad en 'n klimraam vir kinders.

Gratis WiFi in die leefarea en veilige parkeerplek is beskikbaar. Gaste kan ook die veerpyltjiebord, tafeltennis en oefenfiets geniet. Wildritte vir maksimum 10 gaste is teen 'n ekstra koste beskikbaar en word deur 'n gekwalifiseerde wildbewaarder gelei, maar vir veiligheidsmaatreëls word geen kinders onder die ouderdom van 5 toegelaat nie.

Let dat die verblyf slaapplek bied aan 12 gaste, sou daar ekstra kinders wees, sal daar 'n ekstra koste aan die verblyf betaalbaar wees.

Kamer-opset

Slaapplek vir 12 mense 6 Slaapkamers 6 Badkamers, 6 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort-oor-bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Nic H
Gesin met klein kinders
5.0
Besonderse verblyf in 'n Bosveld omgewing. Uitstekende verblyf! Die huis en slaapkamers is baie netjies en volledig toegerus. Die ontvangs deur Frans ...
Sien meer
Des 2024
Felicia N
5.0
All-inclusive, perfect location, close to Pretoria, and impeccably maintained. We recently held our year-end function at Lekkerbreek Lo...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Schalk V
5.0
Lekker groot kuierhuis met alles wat jy nodig het. Die swembad is 'n bonus. Baie lekker gebly. Alles is in 'n werkende toestand. Sal beslis weer besoe...
Sien meer
Nov 2024
Mariska V
Saam met vriende
5.0
Ongelooflik netjies, skoon en mooi. Dit was 'n fantastiese naweek! Baie skoon en netjies en diens was uitstekend. Sal definitief teruggaan.
Aug 2024
Kobus P
Saam met vriende
5.0
Netjies, mooi en lekker. Dit was verskriklik lekker, die diens en hulp 1ste klas.
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Jenny Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Rondefontein 84 JR Plaas, Dinokeng, 0406, Limpopo
  • Gaste dink Lekkerbreek Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 8 250
per nag (plek vir 12)
Vanaf
Vanaf R 8 250
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rondefontein 84 JR Plaas, Dinokeng, 0406, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA90c1646f11d98e8e10b5e0dcd4d98fc9f74d618ae087856f55e039f1e898d496ab2bde79c80f7e082759001095d4dad8e4d1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R8 250 per nag (plek vir 12) 14 5 1 5 Rondefontein 84 JR Farm Dinokeng 0406 Limpopo 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -25.315318292991 28.40244799443

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang