Lekkerbreek Lodge
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rondefontein 84 JR Plaas, Dinokeng, 0406, Limpopo
- Vanaf R8 250 per nag (plek vir 12)
Beskrywing
Lekkerbreek Lodge bied rustige en gerieflike selfsorgverblyf in die Noordelike gedeelte van die Dinokeng Groot 5 Wildreservaat. Die lodge kan slegs as 'n geheel bespreek word en geen enkelkamerbesprekings word aanvaar nie. Die lodge is deurdag ontwerp met 'n sentrale kuierarea en spog met 'n uitsig oor die omliggende bosveld. Dit is ideaal vir gesinne of 'n groep vriende wat op soek is na 'n rustige wegbreek.
Die lodge beskik oor 6 privaat kamers met en suite-badkamers en het slaapplek vir 12 gaste. Twee van die kamers het elkeen 'n ekstra-lang koninggrootte-bed wat ook as 2 ekstra-lang enkelbeddens opgemaak kan word. Nog twee van die kamers het ekstra-lang koninggrootte-beddens en daar is twee ander kamers met 'n koningingrootte-bed elk. Elke en suite-badkamer het 'n stort en daar is een en suite-slaapkamer met 'n stort-oor-bad en 'n uitsig oor die bosveld. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas, vrieskas, mikrogolf, oond, gasstoof, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die leefarea het 'n etenstafel, 'n kroeg met 'n yskas, 'n TV met DStv en gemaklike rusbanke. Dié area lei na 'n dekarea met 'n tafel en 14 stoele, 'n onderdak-gasbraai, 'n boma-area met stoele, 'n swembad en 'n klimraam vir kinders.
Gratis WiFi in die leefarea en veilige parkeerplek is beskikbaar. Gaste kan ook die veerpyltjiebord, tafeltennis en oefenfiets geniet.
Let dat die verblyf slaapplek bied aan 12 gaste, sou daar ekstra kinders wees, sal daar 'n ekstra koste aan die verblyf betaalbaar wees.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort-oor-bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Jenny Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Rondefontein 84 JR Plaas, Dinokeng, 0406, Limpopo
- Gaste dink Lekkerbreek Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Dinokeng Dinokeng Wildreservaat Limpopo
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rondefontein 84 JR Plaas, Dinokeng, 0406, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang