Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Boertjie se Droompie @ Lekkerdroom Farm

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 39 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Sigrid V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2019

Awesome! So 'n lekker wegbreek. Amazing! Sal enige tyd weer gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Francois D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2019

Dis 'n wil-weer-beslis-teruggaan-tipe plek. Lekkerdroom is baie hoog op ons lys van "ons gaan beslis weer daar 'n draai maak". En ons gaan beslis weer terug en dan vir langer. Ons het in Lê-Lê Huisie gebly. Dié huisie is, in my opinie, die meer private huisie van almal. En ons het nou en dan die sebras gesien van die stoep af. Die klomp diere is ook aangenaam en kinders sal dit beslis geniet. Tessellaarsdal is net om die draai en ons het die Saterdag, wat my verjaarsdag was, by die ou poskantoor wat nou 'n koffie winkel is, die wonderlikste tjoklit en lemon meringue koek gaan eet. Daai tannie weet hoe om te bak. Ons gaan beslis weer terug en kan nie wag nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Adelle C
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Des 2019

Dit was 'n rustige sterreryke area wat rustigheid vir jou siel gee. Met die aankoms is ons vriendelik gegroet en verwelkom. Die verblyf is perfek en ons het die rustigheid en die diere terdeë geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Danie S
Kort verblyf
4.8
Jan 2019

Lekker gerieflike rustige verblyf. Die diere maak dit interessant. Die stort in "Boertjie se droompie" is 'n wenner. "Boertjie se droompie" is ruim en goed ingerig. Lucas, sy vrou en seuntjie is baie gaaf en vriendelik. Lucas het ons selfs op Nuwejaarsdagoggend gehelp met 'n nood sweiswerkie.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Tracey K
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.6
Jan 2019

Die gashere is wonderlik en die kinder het die diere geniet. Heerlike stil area.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Contessa L
Kort verblyf Gesin met klein kinders
2.2
Des 2019

Quiet and relaxing. Had a nice stay apart from having to jump over a high gate because we didn't have access.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
3.0
Diens
2.0
Ligging
1.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
1.0
Lucas
Boertjie se Droompie @ Lekkerdroom Farm
Good day Contessa, We are so sorry if you have not enjoyed your stay. Our entrance gate are pre-loaded with the clients cellphone number. Only that number can open the gate and no other number, for extra security of guests. None of our clients had a problem and we have resolved the matter by given the clients a remote to open the gate. All units are personally inspected by us for cleanliness. All bedding etc are replaced between guests. The clients that stayed in the same unit namely Adelle C were completely satisfied and gave us a 5 rating.

Paul B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2018

Fantasties. Wonderlike atmosfeer met diere, kamele, lamas, donkies, papegaaie (krys soos kraaie) en gewone plaasdiere en ook paddas wat kwaak in die nag. Hierdie plasie het eenvoudige, netjiese verblyf met alles wat ons nodig gehad het. Dit is wonderlik hoe kunstig die eienaars ou implemente, meubels, speelgoed en plante gebruik om die huisies mooi te laat vertoon. Vir die verblyfkoste gevra, verwag mens sekerlik nie 3-ster weelde nie en is ons verwagtinge oortref. Daar is 'n mooi uitsig oor die vlakte in die rigting van Caledon. Die verskillende diere lei tot 'n wonderlike atmosfeer. Daar is kamele, lamas, donkies, papegaaie (krys soos kraaie) en gewone plaasdiere en, ook, paddas wat kwaak in die nag. Die agtergrond geluide het ons goed laat slaap. Op teen die hang van die Kleinrivierberge (tussen Lekkedroom en Stanford) is die weer meer soos die Stanfordkant, 'n paar grade koeler as in, bv., Caledon, so 25 km weg. Steeds is die mooi swembadjie nie te versmaai op 'n warm dag nie. Die De Postkantoor-retaurant en -snuisteryewinkel ('n poskantoorgebou uit 1891), in Tesselaarsdal net om die draai, bied lieflike disse wanneer hulle oop is (kyk webwerf vir oop tye; verskaf ook permitte vir bergfietsroetes.). Die area is 'n bergfiets-paradys beide vir die wat net wil ry op goeie grondpaaie en die wat iets tegnies soek (soos byvoorbeeld die Haarkapperspas na Stanford – vir die onverskrokkenes). Alles-en-alles: 'n wonderlike ontdekking.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Rita N
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2018

Absoluut fantasties. As jy van rustigheid hou is die plek tops.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marthie P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Nov 2018

Lovely little rustic cottage, well equipped, very friendly and hospitable owners. See stars.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Angelique D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2018

Awesome! Lekkerdroom Farm was one of the best getaways that we have had! The owner was friendly and welcoming, the house was clean, and the animals were a great attraction for our daughter!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Lucas Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 39

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R1 200
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lekkerdroom Plaas, Tesselaarsdal, Caledon, 7230, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDAyNmMzNWYwLTQ5MGItNDAxYy05MmZmLWYyMzRkODg1ZWU1OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4) 39 5 1 5 Lekkerdroom Farm Tesselaarsdal 7230 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.363467143928 19.49891593079

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang