Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lekkerkry Game Farm

Wildsplaas
Langtermynverblyf-aanbod 25% af

Kry 25% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rhenosterfontein, Fochville, 2512, Gauteng
  • Vanaf R5 500 R4 125 per nag, vir 16 mense

Beskrywing

Lekkerkry Game Farm bied gerieflike akkommodasie in die beeldskone bosveld met verskeie wildsoorte wat vrylik rondloop. Die wildplaas is sentraal geleë 80 km van Johannesburg af, 40 km van Potchefstroom af, 50 km van die Vaal Driehoek af en 30 km van Parys af.

Die stylvolle grasdakhuis beskik oor 4 slaapkamers; 2 hoofslaapkamers wat elk 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer het, 'n derde slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n enkelbed, en 'n vierde slaapkamer met 'n dubbelbed. Die solderarea het enkelbeddens en dien as 'n vyfde slaaparea vir 'n paartjie of kinders. Daar is ook 'n ruim, gedeelde badkamer en 'n gaste-toilet. Die huis beskik ook oor 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is volledig toegerus met eetgerei, 'n stoof, 'n yskas en 'n mikrogolfoond. Die leefarea het gemaklike rusbanke, 'n ingeboude kaggel en 'n TV met DStv. Daar is 'n groot leefarea en 'n groot stoep met pragtige uitsigte oor die omliggende bosveld. Buite is daar 'n boma waar gaste lekker in die bosveld kan ontspan en daar is 'n swembad waarin gaste kan afkoel.

Aktiwitetie op die plaas sluit wildritte, voetslaan en bergfietsry in. Die wildsoorte op die plaas sluit koedoes, blouwildebeeste,waterbokke, elande, rooibokke, springbokke, rooihartbeeste, njala's, sebra's, kameelperde, gemsbokke, swartwitpense, wilde bokke, waterbokke en daar is selfs 'n paar apies en bosvarke.

Parys en die Vredefort Koepel met sy interessante winkels, restaurante en kroeë is net 20 minute se ry weg.

Fochville het van die beste inkopieplekke in die land en is net 13 km vanaf die verblyf.

Kamer-opset

Slaapplek vir 16 mense 4 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

4

4 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Wildritte
Swembad
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 38 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Karinda L
Saam met vriende
5.0
Rustig, veilig, mooi na gekyk. Die diens en plek was fantasties!
Sep 2024
Victor B
5.0
Ons drink uit ons pierings ons beekers loop oor. On my second visit/stay at the venue “Wow,” we enjoyed it as if it was our first time....
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2024
Amalia V
Saam met vriende
5.0
Ons was baie tuis by Lekkerkry. Dit was heerlik ontspannend. Die kinders was die hele dag in die bos op hul fietse en het die vryheid geniet. Ons a...
Sien meer
Okt 2023
Karen B
Gesin met tieners
4.8
Relaxing and awesome. Our stay was so relaxing. The hosts looked after us. Alwyn took us on a game drive. The best part was the animals...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2024
Jakkie V
Gesin met klein kinders
4.8
Ongelooflik lekker gewees. Njalas kom eet uit die kinders se hand uit by die huis. Ons het dit baie geniet. Sal beslis weer kom.
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Coert Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 85

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Rhenosterfontein, Fochville, 2512, Gauteng
  • Gaste dink Lekkerkry Game Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R5 500
R 5 500 R 4 125
per nag, vir 16 mense
Vanaf R5 500
R 5 500 R 4 125
per nag, vir 16 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rhenosterfontein, Fochville, 2512, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa9135d104c4c7282fdf8b5f233139c23d13a6bf3b6733de921b0a51b0a133a3364f068b165d09f005eeb6e157c8644971b55?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R5 500 nouVanaf R4 125 per nag, vir 16 mense 38 5 1 5 Rhenosterfontein Fochville 2512 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.587872341561 27.499028742313

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang