Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeRus

Gastehuis

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 30 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Daleen J
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2024

Die verwelkoming was vriendelik en Corinne was so behulpsaam met alles. Ons verblyf was regtig fantasties en ons kon regtig oor niks kla nie. Die kuiertjie was lekker en die kunswerke was vir ons pragtig. Sal die gastehuis regtig aanbeveel vir enige iemand. Dis veilig en in 'n baie stil en netjiese woonbuurt. Veral toe ons deur Vanderbijlpark is met sy vuil strate en minder aangename plekke was dit 'n lafenis om gastehuis toe te kon ry, skoene uitskop en buite by die tafel en stoele ontspan onder die sterre tot laataand. Jammer ons moes net in en uit, maar volgende keer kom ons beslis langer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Corinne
LekkeRus
Baie dankie. Sulke oulike gaste soos julle maak dit 'n plesier!

Rinda G
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Tien uit tien. Vriendelike eienaar. Het dadelik tuisgevoel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ja L
1 nag
5.0
Jul 2024

Sal verseker weer daar bly en ook aanbeveel. Jip, ek kan regtig nie kla oor die verblyf nie. Alles was soos verwag, goeie waarde vir die prys. Het niks meer nodig vir 'n aand of twee.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hendrik N
Kort verblyf
5.0
Jan 2024

Lekker rus. Baie rustig en puik diens.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Corinne
LekkeRus
Baie dankie, Hendrik. Dit was 'n plesier om jou hier te akkommodeer. Kom gerus weer.

Hestè N
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Mrt 2024

Gerieflik en goed geleë. Ons het lekker gebly. Die kamer het bietjie beknop gevoel en daar was min spasie om tasse neer te sit. Die ligging was perfek en ons kon reël om later uit te boek.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Corinne
LekkeRus
Baie dankie Heste Ja, ek stem saam dat julle kamers klein is, maar ek hoop dat die lugreeling, WiFi, gasvryheid en prys wat ons laag hou, opmaak daarvoor. Was wonderlik om julle te ontmoet.

Diane H
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Nov 2023

Perfect place to rest. Greeted with such love and friendliness. So accommodating and beautiful clean room with all you can need inside. We really enjoyed our stay and the swim in the pool which was just the right temperature. Thank you for everything.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Corinne
LekkeRus
Diane, it was such a pleasure to meet you and thank you so much for the great review. Please do come again.

Celina F
1 nag Saam met vriende
5.0
Feb 2023

Very comfortable. Would go again, lovely.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Corinne
LekkeRus
Beste Danie Ek is vreeslik jammer dat jy dit so negatief ervaar het. Maar ek wil darem ook verduidelik en regstel. Die enigste foto wat bedrieglik kan wees is dat jy na winter, tydens droogte en erge wind asook stof, nie n grasgroen grasperk kon sien nie. Die wind kolk ook altyd blare en stof by jou kamerdeur spesifiek agv die hoek wat dit vorm buite. Die skuifdeur se spoor loop dus maklik deur met dit. Ons het aan jou die gasgeyser se werking verduidelik en daar is n telefoonnommer by die stort indien probleme. Ons is ook 24uur beskikbaar net n paar tree van jou kamer af. Gasgeysers vol oopgedraai is louwarm gestel en as jy die water se fors effe minder maak met ander woorde effe toeer dan word water warmer anders as elektriese geysers. Alg in stort sal ek opvolg, baie dankie vir die raad. Een stoel buite, ja maar binne jou kamer is nog n stoel. Jou kamer is op n deurgang gelee wat n tafel en 2 stoele moeilik maak. Ons het wel dadelik vir jou n tafeltjie gebring omdat jy buite wou vertoef en gevra of ons nog n stoel moes bring waarop jy geantwoord het dat jou vrou bietjie le en dis onnodig. Om die gastehuis is oral stoele en twee tafeltjies gelee op verskillende plekke. Daar staan altesaam 12 stoele buite oral en twee houtbankies waarvan een 4meter vanaf jou kamer se buitedeur is. Boonop is daar n lang agterstoep onder dak met nog n tafeltjie, drie stoele en n twee sitplekbank by die swembad. Dis onmoontlik om vir elke gastekamer n tafel en 2 stoele by sy buitedeur te sit. Ek het ook met jou opgevolg om te hoor of alles reg is. Ons poog altyd om beskikbaar vir kliente se behoeftes te wees en daarom het ons met jou aankoms daarvolgens opgetree en voel dis baie sleg oor jou ervaring.

Natasha M
1 nag Besigheidsreis
3.6
Nov 2023

Vriendelike ontvangs, effe oudmodies, beddegoed moet opgradeer word. Die area is rustig, die huis is goed omhein en daar is WiFi beskikbaar. Die kamers lyk egter nie soos op die fotos nie. Die kussings moet vir seker vervang word en die beddegoed was nie kraakvars nie. Alles is in werkende toestand, maar die voorkoms oor die algemeen is baie oudmodies en pas na ons mening nie bymekaar nie. Die kaalvoet jong dame wat ons ontvang het, was wel baie vriendelik.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Danie S
1 nag Saam met lewensmaat
3.6
Okt 2023

Net net aanvaarbaar as jy in die nood is. Die een foto van LekkeRus is bedrieglik. Die gasgeiser se water is nie baie warm nie, selfs al word net warm water gebruik. Alge in die stort kan maklik beheer word met "Mouldbuster". Aanvanklik, toe ons opdaag, was daar slegs een stoel buite met 'n asbak wat in 'n blompot lê. As in gedagte gehou word dat die kamer vir 2 geadverteer word, is dit nie reg nie. Ons het baie ver gery en wil net kom sit en ontspan. Daar moet nie eers dinge gereël word na ons aankoms nie. Alles moet alreeds reg wees as gaste opdaag. Daar is wel vir my 'n tafeltjie gebring, maar dit is mosterd na die maal. My vrou was nie eers lus om buite te kom sit nie en daar was in elk geval nie 'n stoel vir haar nie. Die skuifdeur by die ingang se raamwerk/spore is baie baie lank laas skoongemaak. En ja, ons is nie mense wat vol fiemies is nie.

Netheid
2.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Kobus V
1 nag
5.0
Sep 2022

Blyplek geboek. Vriendelik ontvang. Uit hul pad gegaan om seker te maak ek is gemaklik. Ek het daar gebly vir die aand. Volgende oggend gaan rondry. Eienaar het my toegelaat om my waentjie daar te los tot ek reg was om te kom haal. Baie behulpsaam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Corinne
LekkeRus
Beste Kobus. Baie dankie, dit was die minste wat ons vir jou kon doen. Ek wens daar was meer. Kom gerus weer. Vriendelike groete Corinne

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Corinne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 30

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf
Vanaf R510
per nag, vir 1 mens
Vanaf
R510
per nag, vir 1 mens
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 7 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Almondstraat 19, Three Rivers, Vereeniging, 1929, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2tN36R28gXa2iZBXPPFIgKWe0CWqtdMjFhguH21JFM8MYde0Nf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R510 per nag, vir 1 mens 30 5 1 5 19 Almond Street Three Rivers 1929 Gauteng 021 201 8901 16:00-21:00 10:00 -26.653462 27.99768

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang