Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LekkeRus

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Heide 5, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

LekkeRus is 'n ruim vakansiehuis in die hartjie van Struisbaai en spog met lieflike see-uitsigte. Hierdie sentraal geleë huis is 'n wonderlike opsie vir 'n gesinswegbreek aangesien hierdie huis 'n entjie van die strand, hawe en winkels af is.

Dié eiendom bied gerieflike slaapplek vir altesaam 8 gaste op 'n slag en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste 2 slaapkamers is albei ingerig met 'n koningingrootte-bed, die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander 2 badkamers is ingerig met 'n bad en 'n stort, onderskeidelik. Alle linne word voorsien; gaste word egter verplig om hul eie handdoeke saam te bring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Wasmasjien en tuimeldroër is ook in die waskamer. Vanuit hierdie kombuis lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv.

Boonop het hierdie leefarea 'n ysmasjien, 'n yskassie asook 'n ingeboude binnebraai wat ideaal is vir die wintertye. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel. Die ligging van hierdie huis is net 100 m vanaf die hawe en die strand, en stapafstand vanaf winkels.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Ligging

  • Heide 5, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 3 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Heide 5, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAde21cb809075669bc041abb81da4fe07ac43fc2e9ffb7f8510f2ff577a37015921cc9e2944bf968cbdb74fa6d51520329c43?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8) 5 Heide Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 11:00 -34.800497003877 20.054072141647

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang