Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lengau Lodge

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 110, Grietjie Privaat Natuurreservaat, Balule Natuurreservaat, Groter Krugerwildtuin, Phalaborwa, 1389, Limpopo
  • Vanaf R4 158 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Lengau Lodge bied gerieflike verblyf in 'n klein, intieme lodge in die Grietjie Privaat Natuurreservaat in Phalaborwa. Dié reservaat vorm deel van die Balule Natuurreservaat in die Groter Krugerwildtuin en al die diere wei vrylik tussen dié reservate. Grietjie Privaat Natuurreservaat is vir die Groot 5 en 'n verskeidenheid ander diere en voëls bekend. Die lodge se perseel het nie 'n heining nie so al die diere kan die lodge vrylik besoek.

Verblyf is in 3 rondawels en 'n gesinskamer beskikbaar. Dié eenhede is privaat, maar toegang word via die hooflodge verkry. Elke eenheid het 'n stoep met 'n uitsig oor die bos en die watergat.

Verder het elke eenheid ook lugversorging, 'n ekstra lang koninggrootte-bed met 'n muskietnet, 'n aparte toilet en 'n badkamer met 'n stort en 'n buitestort met 'n uitsig. Die gesinskamer het 'n groot solderarea met 'n ekstra lang koningingrootte-bed en 'n muskietnet. Tee-en koffiemaakgeriewe, haardroërs, USB-koppelpunte en sitareas is ook beskikbaar.

Daar is 'n swembad, sondek, groot stoep met skaduwee en 'n uitkykdek op die eerste verdieping van die hooflodge. Gaste kan heerlike etes in die restaurant geniet, op die stoep naby die swembad ontspan, of langs die kampvuur kuier en na die geluide van die bos luister. Verskillende diere besoek byna daagliks die lodge, of hulle stap, drink of bad by die watergat.

Daaglikse wildritte is beskikbaar en gaste kan verskeie besienswaardighede op hulle eie of op 'n gereëlde uitstappie besoek. Laatmiddag kan gaste die Olifantsrivier se oewer besoek en 'n skemerkelkie geniet.

Kenmerke

Swembad
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.5
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Loek Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 4

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Erf 110, Grietjie Privaat Natuurreservaat, Balule Natuurreservaat, Groter Krugerwildtuin, Phalaborwa, 1389, Limpopo
  • Gaste dink Lengau Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 158
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R4 158
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 110, Grietjie Privaat Natuurreservaat, Balule Natuurreservaat, Groter Krugerwildtuin, Phalaborwa, 1389, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA88c7c80533c9383f73f86e8042e7896c254a672d94d0f65a416b930c6867699909a983eca3aabf655e5e41aa0472b02262d5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 158 per nag, vir 2 mense 2 5 1 5 Plot 110, Grietjie Private Nature Reserve, Balule Nature Reserve Greater Kruger National Park 1389 Limpopo 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -24.08190696272 31.03814229431

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang