Les Palmiers No 11
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Compensation Beach-weg 96C, Les Palmiers No 11, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Les Palmiers No 11 is 'n lieflike selfsorgwoonstel vir tot 6 mense in Ballito en kyk uit oor die see.
Die woonstel is in 'n kompleks geleë en beskik oor 3 slaapkamers, waarvan 2 op die balkon uitloop, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea wat na die balkon oopmaak.
Die hoofslaapkamer geniet 'n lieflike see-uitsig, is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die ander 2 kamers is ingerig met 2 enkelbeddens elk, en deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asseblief hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat toegerus is vir selfsorg met 'n mikrogolfoond, 'n stoof en oond, 'n yskas-vrieskas, asook 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die sitkamer is toegerus met 'n TV en volledige DStv, en maak oop op 'n omvou-balkon met 'n Weber-braai en 'n fantastiese see-uitsig.
Parkeerplek is beskikbaar vir 1 motor in die motorhuis, en addisionele veilige parkeerplek is beskikbaar vir 'n tweede motor. Gaste het toegang tot die omheinde gemeenskaplike swembad, en die kompleks het direkte toegang tot die strand.
'n Wye verskeidenheid doendinge en besienswaardighede kan in die area geniet word, wat wissel van gholfspeel by een van die buiteklubs, die Gateway-winkelsentrum besoek, skubaduik en snorkel, valskermspring, of die Croc Valley Natuurreservaat en uShaka Marine World besoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Johan Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 13
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Compensation Beach-weg 96C, Les Palmiers No 11, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Les Palmiers No 11 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Willard's Beach Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Compensation Beach-weg 96C, Les Palmiers No 11, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang