L'Escalier 215
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 7, L'Escalier Cabanas-kompleks, Amanzimtoti, 4125, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 100 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
L'Escalier 215 is 'n luukse selfsorgwoonstel op die strandfront in Amanzimtoti. Amanzimtoti se strand het uitstekende swem-areas wat deur haainette beskerm word. Toti Mall is binne loopafstand vanaf die kompleks en The Gallery Mall is 5 km se ry ver. Die woonstel is 65 km vanaf King Shaka Internasionale Lughawe.
Dié moderne woonstel is geskik vir 8 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die balkon en hoofslaapkamer spog met see- en strandmeer-uitsigte. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Dié 2 slaapkamers deel 'n badkamer wat 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak het.
Die kombuis is met 'n groot yskas-vrieskas, wasmasjien, mikrogolf en oond toegerus. Die sitarea spog met 'n Coricraft-dubbelslaapbank en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Dié area lei na 'n balkon met 'n piekniekbankie, ingeboude braai en 'n see-uitsig.
Daar is 2 gemeenskaplike swembaddens in die kompleks. Die kompleks het afstandbeheerhekke en die eenheid het 2 aangewese kelderparkeerplekke. Let dat die hysbak in die gebou gedurende beurtkrag werk.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort-oor-bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Emmie Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 7
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Kusweg 7, L'Escalier Cabanas-kompleks, Amanzimtoti, 4125, KwaZulu-Natal
- Gaste dink L'Escalier 215 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Amanzimtoti Suidkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 7, L'Escalier Cabanas-kompleks, Amanzimtoti, 4125, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang