Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Letsatsi Game Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 124 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R701, Tussen Smithfield en Bethulie, Smithfield, 9966, Vrystaat
  • Vanaf R860 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Letsatsi Game Lodge is in die Vrystaat geleë, 110 km van die Gariepdam af en 173 km van Bloemfontein af. Die lodge maak voorsiening vir reisigers, konferensies en funksies, en spog met 'n uitstekende restaurant. Letsatsi is ontwerp en gemeubileer om moeiteloos met die natuurlike omgewing in te skakel. Die grasdak-geboue is met natuurlike klip gebou en aan die binnekant, verteenwoordig die interieur die kuns en kultuur van die inheemse stamme van Suid-Afrika.

Verblyf word in 22 chalets aangebied. Elke chalet het 'n privaat badkamer en 'n stoep met 'n unieke uitsig oor die bosveld. Die lodge spog met gerieflike sitareas, 'n kroeg en 'n eetarea. Die openbare area lei na 'n houtdek met 'n uitsig oor die Afrika-savanne en die swembad. Gedurende die koue maande word kaggels oral in die hooflodge aangesteek om gaste warm te hou.

Die boskamp bied rustieke verblyf vir groepe van tot 40 gaste. Elke luukse tent het 'n grasdak, 2 enkelbeddens, 'n klerekas, elektrisiteit en elektriese komberse.

Die reservaat bied wildritte waartydens gaste kleinwild en 'n rits voëlspesies kan sien. Avontuurlustige gaste kan die fiets- en voetslaanroetes aandurf. Die omliggende omgewing spog met asemrowende heuwels en valleie wat vanaf die Caledonrivier in die Vrystaat strek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Wildritte
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 243 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Brett B
Gesin met tieners
5.0
Out of this world. Absolutely wonderful - best place to stay in the Free State.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Andrew W
5.0
Very worthwhile. Our stay was excellent. We would use it again when in the area. The service was good, the accommodation more than suit...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Adri T
Gesin met tieners
5.0
Ons gunsteling plek! Net perfek. Vriendelikste diens, rustigste atmosfeer.
Des 2024
Pieter B
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik en lekker! Regtig lekker rustig vir net ontspan. Het verlede jaar gesê volgende keer bly ons langer en het, volgende keer bly ons nog bietji...
Sien meer
Des 2024
Lindelwa S
Gesin met tieners
5.0
Wonderful. We enjoyed our stay but struggled with the network in our chalet.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Chorine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 243

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Langs die R701, Tussen Smithfield en Bethulie, Smithfield, 9966, Vrystaat
  • Gaste dink Letsatsi Game Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Vrystaat
Vanaf
Vanaf R 860
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 860
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 124 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R701, Tussen Smithfield en Bethulie, Smithfield, 9966, Vrystaat
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAI9If7rv5iUwHwRlBdAoxh4fEeDeqk5V5iOtSrMczj7nGGMfd7D?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R860 per nag (plek vir 2) 243 5 1 5 Off the R701 Between Smithfield and Bethulie 9966 Vrystaat 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -30.387915764742 26.344557758266

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
303112345678910111213141516171819202122232425262728293031123456789
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
303112345678910111213141516171819202122232425262728293031123456789