Lewens-Essens B&B on C
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Ria Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 58
Op LekkeSlaap 13 jaar
Opsomming van Resensie
Elza M - Mrt 2024
Algehele gradering
Lewens essens!
Lewens-Essens B&B on C se terugvoer
Elza, dit was werklik 'n groot plesier om jou by Lewens-Essens te kon verwelkom! Sterkte met jou nuwe stokperdjie en jy sal altyd welkom wees as jy essens vir die dag of week nodig het.
Marinda S - Des 2023
Algehele gradering
Die akkommodasie en uitsig was uitstekend!
Lewens-Essens B&B on C se terugvoer
Julle was sterre! Ons het julle kuiertjie terdeë geniet.
Christelle R - Apr 2023
Algehele gradering
Uitstekende akkomodasie en ligging.
Lewens-Essens B&B on C se terugvoer
Ai en was dit nou 'n lekker kuier. Baie dankie vir julle terugvoer en dat julle ons gekies het. Kan nie wag vir die belofte om waar te word nie. Beste wense tot weersiens.
Thea T - Feb 2024
Algehele gradering
Baie lekker gebly. Wonderlike gasvrou.
Lewens-Essens B&B on C se terugvoer
So bly julle het dit geniet en dankie vir julle review. Hoop ons sien julle weer!
Gabri S - Jan 2024
Algehele gradering
Gelukkig het ons geweet daar is nie eintlik ontbyt nie, maar self gesorg.
Lewens-Essens B&B on C se terugvoer
Goeie dag Gabri, dankie vir die komplimente, dit word waardeer. Ons verwelkom ook terugvoer van ons gaste oor waar ons kan verbeter. Ons het na julle 'n punt gemaak om vir die gaste te vra of die bed sleg slaap en of ons dit moet vervang. Nie een van die gaste het klagtes gehad nie, in teendeel ons baie geprys oor die gehalte van die bed. Wat die ontbyt aanbetref, wil ek net weer daarop wys dat dit 'n kontinentale ontbyt is wat al die volgende insluit: Muesli, 4 snye brood vir rooster wat elke dag afgewissel word met ander brood, kaas, konfyt en botter, goeie gehalte jogurt, suiwer sap en vrugte. Inteendeel dit word ook so op ons webwerf geadverteer. Jammer dat julle nie tevrede was nie. Met vriendelike groete.
Miekie W - Des 2022
Algehele gradering
Briljant.
Lees meerLewens-Essens B&B on C se terugvoer
Baie dankie vir julle terugvoer. Dit gee vir ons soveel plesier om te weet dat ons gaste gelukkig en tevrede is. Nuwe vriende en amper familie - beslis. Ons sien uit na julle volgende kuiertjie.
Jacques L - Aug 2022
Algehele gradering
Uitstekend en baie gasvry.
Lewens-Essens B&B on C se terugvoer
Jacques, baie dankie vir jou review. Dis goed om te weet julle het julle tydjie by ons, en natuurlik ook met julle familie, geniet. Die see is weer omgekrap vandag!
Marlene M - Apr 2022
Algehele gradering
Awesome host. Awesome town.
Lewens-Essens B&B on C se terugvoer
Marlene, baie dankie vir die vol punte. So bly julle het dit geniet en hoop regtig ons kan julle wonderlike mense weer in die toekoms verwelkom.
Karen C - Apr 2022
Algehele gradering
Saligheid by die see!
Lewens-Essens B&B on C se terugvoer
Karen, hoe kan 'n mens dan nou nie dadelik van jou hou nie!!! Ons het die tydjie saam met jou net so geniet - het gevoel asof ons al jare lank ken. Dankie vir die wonderlike review and ons hoop regtig om jou weer te sien.
Kotie V - Aug 2022
Algehele gradering
Baie goeie ligging, gasvryheid uit boonse rakke en baie netjies.
Lees meerLewens-Essens B&B on C se terugvoer
Kotie, baie dankie vir jou terugvoer, ons waardeer dit. Jy is heeltemal reg. Dis min dat ons sulke sterk groot mans kry wat 'n groter ontbyt verdien. Jammer jy het dit nie onder ons aandag gebring nie, dan kon ons 'n plan maak. Nogtans is ons bly dat julle die tydjie geniet het en kom gerus weer kuier.
Monica V - Mei 2021
Algehele gradering
Absoluut heerlik gewees.
Lewens-Essens B&B on C se terugvoer
Baie dankie vir julle 100%! Dit voel so goed om te weet ons gaste is tevrede en gelukkig. Hoop ons sien julle weer iewers in die toekoms.
Annerlize M - Des 2021
Algehele gradering
Mense baie vriendelik en behulpsaam.
Lewens-Essens B&B on C se terugvoer
Annelize, baie dankie vir jou review. Ons is bly julle het jul kuiertjie by Lewens-Essens geniet en dat julle van ons pragtige dorpie gehou het. Hoop
Pierre R - Jan 2021
Algehele gradering
Asemrowende uitsig oor die see!
Lewens-Essens B&B on C se terugvoer
Ons is so bly julle het lekker gekuier en dat alles aan julle verwagting voldoen het. Jammer ons kon nie die see nader bring vir vol-punte nie. Dit was heerlik om julle hier te he en hoop ons sien julle weer in die toekoms.
Ewalda D - Des 2020
Algehele gradering
Ongelooflike lekker ervaring.
Lewens-Essens B&B on C se terugvoer
Wow! Baie dankie dat jy by ons kom kuier het en vir jou review. Ons waardeer dit regtig dat ons gaste dit by ons geniet en ons sien jou weer in die toekoms.
Anne-marie E - Des 2020
Algehele gradering
Heerlik, ontspanne wegbreek.
Lewens-Essens B&B on C se terugvoer
Dit was nou regtig 'n plesier om jou as gas te he, veral omdat jy so handig is. Dankie met die TV se help. Glo ons sal jou weer in die toekoms sien. Intussen voorspoed en kyk asb na jouself.
Koos J.j. B - Des 2020
Algehele gradering
Bitter lekker gebly, baie mooi ligging.
Lewens-Essens B&B on C se terugvoer
Baie dankie dat julle Lewens-Essens gekies het vir julle wegbreek. Ons waardeer jou review opreg en ons hoop regtig om julle weer in die toekoms te sien.
Wanda P - Des 2019
Algehele gradering
Fantasties! Baie gasvry!
Lewens-Essens B&B on C se terugvoer
Baie dankie vir julle positiewe terugvoer. Dis altyd lekker om te hoor dat die julle ons omgewing geniet het en dat julle tuis gevoel het. Ons hoop ons sien julle weer in die toekoms.
Lindi L - Des 2019
Algehele gradering
The hospitality was very good and we loved the place.
Lewens-Essens B&B on C se terugvoer
Thank you Lindi for your 5-star review - we really appreciate it.
We are also so glad that you have enjoyed your stay with us and we will definitely love to receive you as our guests again in future.
Frik B - Apr 2019
Algehele gradering
Uitstekende gasvryheid, uitsig, mis verkeer, loopafstand na strand, ontbyt soos gaste dit wil hê.
Lewens-Essens B&B on C se terugvoer
Baie dankie dat jy die tyd geneem het om vir ons 'n resensie te skryf. Ons is baie bly dat julle dit geniet het, ons probeer ons bes om ons gaste tevrede te stel en hoop ons sien julle weer in die toekoms.
Karen O - Des 2019
Algehele gradering
Netjiese, skoon fasiliteit. Goeie ligging.
Lewens-Essens B&B on C se terugvoer
Baie dankie vir jou review - dit word waardeer. Jammer ons kon julle nie persoonlik ontvang as gevolg van julle omstandighede rondom die datum nie. Die kwessie in verband met die kombuisfasiliteite sou dan ook opgeklaar kon word. Hoop ons kan eendag persoonlik ontmoet.
Nico F - Nov 2018
Algehele gradering
Fantastiese ligging en goeie diens.
Lees meerLewens-Essens B&B on C se terugvoer
Baie dankie Nico dat jy die tyd geneem het om hierdie 5-ster resensie te skryf. Ons streef daarna om ons gaste tuis te laat voel en dit blyk ons het in ons doel geslaag. So bly dat julle dit geniet het en dat alles was soos julle dit wou gehad het. Groete aan Elize en ons hoop om julle weer in die toekoms te sien.
Erna D - Aug 2018
Algehele gradering
Vir ons twee was ons verblyf 'n onvergeetlike en verrykende ervaring wat nog lank onthou sal word.
Lees meerLewens-Essens B&B on C se terugvoer
Erna baie, baie dankie vir jou wonderlike "review" Dit laat ons so goed voel as ons gaste gelukkig en tevrede is en voel dat hulle net sowel by hulle eie huis kon wees. Ons is lief vir mense en elkeen van ons gaste dra iets by om ons lewens te verryk en ons sal dit nooit anders wil hê nie. Vir julle vriendelikheid, geselligheid en warmte sê ons "baie dankie". Ons hoop regtig om julle weer te sien!
Petro V - Jun 2018
Algehele gradering
Alles was 100% en die dames vriendelik en hulpvaardig: beste uitsig ooit!
Lewens-Essens B&B on C se terugvoer
Baie dankie vir jou resensie en ons is bly julle het die tydjie by ons geniet. Ja, Yzerfontein lyk weer vandag soos 'n sprokie - stil en warm en die see lê soos 'n groot dam. Bly julle het die ontbyt geniet.
Mauritia D - Jan 2018
Algehele gradering
Die beste uitsig!
Vicky Wybo B - Des 2018
Algehele gradering
Mooie stop op doortocht.
Hannetjie V - Okt 2018
Algehele gradering
Ontspanne, rustig, lekker.
Lewens-Essens B&B on C se terugvoer
Ons is so bly dat jy die tydjie by ons geniet het en ek hoop jy is ook sommer goed uitgerus. Ons ou dorpie is maar klein en in 30 jaar het ons nog nie enige probleme met sekuriteit gehad nie en ons bid net dat daar nooit 'n eerste keer sal wees nie. Ons hoop om jou weer te sien vir jou volgende wegbreek!
Dirk L - Jul 2017
Algehele gradering
Dit was puik.
Michelle H - Apr 2017
Algehele gradering
Heerlike verblyf.
Stephanie G - Jan 2017
Algehele gradering
Absoluut fantasties.
Hans M - Jan 2017
Algehele gradering
Pragtig!
Koos N - Sep 2016
Algehele gradering
Heerlike verblyf, uitstekend geleë met besonderse gasvryheid.
Lewens-Essens B&B on C se terugvoer
Hello Koos
Baie dankie dat julle ons gekies het vir julle verblyf! Wanneer ons gaste tevrede is en lekker bly weet ons ons doen dit reg. Ek hoop om julle weer eendag te sien!
Baie groete ook aan Marna.
Ria en Anita
Wilma R - Aug 2016
Algehele gradering
Absoluut fantasties.
Johan K - Jan 2016
Algehele gradering
Word hoogs aanbeveel. Wat 'n aangename verblyf.
Lynette C - Apr 2016
Algehele gradering
Vriendelike ontvangs, gerieflike verblyf.
Jan V - Aug 2016
Algehele gradering
Aangenaam en beslis weer 'n besoek werd!
Lewens-Essens B&B on C se terugvoer
Beste Jan en Bella,
Baie dankie dat julle ons gekies het vir julle besoek. Ons is bly julle het dit geniet en hoop ons sien julle weer.
Groete,
Ria & Anita
Josef D - Jun 2016
Algehele gradering
Everything was excellent, but we did think it expensive especially out of season and in winter.
Andries V - Okt 2016
Algehele gradering
Dit was baie lekker gewees en die gasvrou, Ria, se diens was uitstekend gewees.
Johan V - Okt 2015
Algehele gradering
Dit was heerlik!
Rudolph L - Mrt 2015
Algehele gradering
'n Onvergeetlike ervaring. Verblyf keurig en silwerskoon, uitsig onverbeterlik, en gasvrouens se betrokkenheid word opreg waardeer!
Pieter V - Nov 2015
Algehele gradering
Die ligging en diens is absoluut puik!
Michelle D - Aug 2015
Algehele gradering
Treated like royalty.
Wiets B - Jan 2015
Algehele gradering
Heerlike ervaring.
Isobel V - Sep 2015
Algehele gradering
Dit was baie lekker, goeie ontbyt.
Tania C - Mrt 2015
Algehele gradering
Pragtige uitsig!
Leandri L - Okt 2014
Algehele gradering
Fantasties!
Christo S - Mei 2014
Algehele gradering
Baie aangenaam en gasvry ontvang en behandel gedurende verblyf!
Anna H - Feb 2014
Algehele gradering
Excellent accommodation and setting
Ann U - Sep 2014
Algehele gradering
Ons het 2 nagte gebly. Dit was baie gerieflik en 'n wonderlike ligging.
Annalie H - Mrt 2014
Algehele gradering
'Home away from home'-gevoel met fantastiese ontbyt - DANKIE!
Jaco B - Des 2013
Algehele gradering
Asemrowende uitsig! Heerlike ontbyt! Jou tuiste weg van die huis!
Jacobus W - Okt 2013
Algehele gradering
Uit die boonste rakke!
Toetie H - Mei 2013
Algehele gradering
Friendly but profesional, homely but stunning
Chris G - Okt 2013
Algehele gradering
Uiters tevrede. Die ontvangs, diens, verblyf, ligging en kos is van hoogstaande standaard!
Hein W - Okt 2012
Algehele gradering
Lekkerste twee dae ooit
Nanette S - Sep 2012
Algehele gradering
Relaxing getaway in a beautiful setting
Anneliese B - Nov 2011
Algehele gradering
Warm west coast hospitality
Matthys M - Apr 2011
Algehele gradering
Onbeskryflike uitsig met die vriendelikste gasvryheid en absolute netheid, baie dankie
Luzane K - Jan 2011
Algehele gradering
Excellent service, very friendly and good hospitality.
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lutie Katz-straat 75, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang