Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lewens-Essens B&B on C

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lutie Katz-straat 75, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Lewens-Essens B&B on C is in die dorpie Yzerfontein, 'n 'n juweel aan die Weskus. Die 180º-uitsig en die sonsondergange is asemrowend. Dié B&B is aan die seefront, minder as 20 m van die rotse en die see af en al die kamers het pragtige uitsigte.

African Room is op die grondverdieping. Dié kamer het sy eie ingang en 'n skuifdeur wat oopmaak op 'n privaat patio met stoele, tafel en sambreel. Dit het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Elke kamer het 'n TV met die volle DStv-pakket, gratis WiFi-toegang, haardroër, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe. 'n Daaglikse skoonmaakdiens word voorsien.

Master Bedroom is ingerig vir gaste wat op soek is na luukse en gerief. Dié kamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n spa-bad, stort, en dubbelwasbak. Skuifdeure lei na die balkon. Die volgende geriewe is beskikbaar: 'n TV met volledige DStv, gratis WiFi, haardroër, mikrogolf, eetgerei, breekware, en koffie- en teemaakgeriewe. 'n Daaglikse skoonmaakdiens is ingesluit.

Verken die kus al langs die wit strande, sluit aan by 'n bootvaart na Dasseneiland, of geniet die seelewe in die rotspoele. Aangesien hier geen straatligte is nie, is die maanlig werklik iets om te beleef. Die staproete loop voor die huis verby al langs die see, die fynbos en die blomme.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 58 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Elza M
5.0
Lewens essens! Die verwelkoming en verblyf was vriendelik en gasvry. Die uitsig is absoluut fantasties. Alles is netjies en skoon en hier is waar 'n m...
Sien meer
Mrt 2024
Marinda S
Saam met lewensmaat
5.0
Die akkommodasie en uitsig was uitstekend! Ons het heerlik gebly.
Des 2023
Christelle R
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende akkomodasie en ligging. Baie dankie Ria en Anita vir julle gasvryheid. Die kuier was uit die boonste rakke. Dankie vir die heerlike verras...
Sien meer
Apr 2023
Thea T
Saam met lewensmaat
4.8
Baie lekker gebly. Wonderlike gasvrou. Heerlik gebly, uitsig asemrowend. Gasvrou baie vriendelik.
Feb 2024
Gabri S
Saam met lewensmaat
4.2
Gelukkig het ons geweet daar is nie eintlik ontbyt nie, maar self gesorg. Pragtige uitsig, ek weet nie of dit B&B is nie. Die matras en ontbyt is van ...
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Ria Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 58

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Lutie Katz-straat 75, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lewens-Essens B&B on C het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lutie Katz-straat 75, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ0MGYxMTAwLTZjMTQtNDBhYy1hMGE1LTdiNmQ0MWI4YWU3ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense 58 5 1 5 75 Lutie Katz Road Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.352940098327 18.148928582668

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang