Lewensdroom Game Farm and Lodge
- Kapasiteit: 30 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: D180, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R11 400 per nag, vir 30 mense
Beskrywing
Lewensdroom Game Farm and Lodge is op 'n werkende plaas in 'n privaat, stil en veilige area in die vallei aan die voet van die Waterberge, 28 km buite Bela-Bela. Dit is die ideale wegbreek vir groepe vriende en familie wat lekker en privaat wil kuier.
Die lodge het 'n groot, gemeenskaplike oopplan-leefarea met 'n toegeruste kombuis, sitarea met 'n TV met DStv, eetarea, pooltafel en 'n groot kroegarea. Die kombuis het 'n gasstoof met ‘n elektriese oond, 'n gaskookplaat, 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n ingeboude braai met spitbraai, roosters en groot, swart potte.
Net buite die lodge is daar 9 en-suite slaapkamers.
Daar is 3 ruim gesinskamers elk met ‘n koningingrootte-bed en 4 driekwartbeddens wat slaapplek aan 6 gaste per kamer bied. Elke kamer is en-suite met sy eie stort, toilet en wasbak. Daar is ook 6 en suite-slaapkamers met slegs koningingrootte-beddens. Die lodge voorsien ook elke gas van ‘n badhandoek. Daar is ook ‘n raadsaal met ‘n TV wat gebruik word vir vergaderings. Verder is daar 'n speelarea vir kinders met tafeltennis en ander speletjies. Die lodge is geskik vir 30 gaste, maar kan op versoek verblyf aan 40 gaste in tente wat opgeslaan kan word, bied. Daar is ook matrassies vir die kinders wat by hul ouers wil slaap. Daar is 'n groot boma-area waar gaste in die aand kan kuier, 'n groot swembad en 'n trampolien en klimraam vir kinders.
Gaste kan die plaas verken te voet of fiets. Daar is ook ’n springkasteel en 'n waterglybaan wat vir kinders bespreek kan word. Die plaas het 'n oorvloed van wild en voëllewe wat goue wildebeeste en impala insluit. Hengelaars kan visvang in die plaas se privaat plaasdam op 'n vang-en-vrylaat-basis. Daar is karpe, baars, verskeie spesie kurpers. Die dam spog ook met 'n lapa met braai geriewe. Gaste kan die dam te voet verken, swem of roei met enige van die roeibote. Reddingsbaadjies word ook voorsien.
Ys en ekstra vuurmaakhout kan op die plaas gekoop word.
Lewensdroom is ideaal vir enige groep wat gehaltetyd saam wil spandeer sonder enige steurnis van enigiemand. Daaglikse skoonmaakdienste en die was van skottelgoed kan voor aankoms teen 'n ekstra koste gereël word.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
4 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
4 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
1 x Stapelbed
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Witborde
- Televisie
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Pieter Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- D180, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Lewensdroom Game Farm and Lodge het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 30 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: D180, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang