Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Libra Holiday Flats Unit 7

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Libra Flats Eenheid 7, Lilliecrona Boulevard, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Hierdie luukse en ten volle toegeruste selfsorg-dakwoning het 'n see-uitsig van 180º vanaf die groot onderdak-balkon wat op die Uvongo- en Manaba-strand uitkyk. Daar is 'n ingeboude braai op die stoep met 'n tafel en stoele; hier kan jy rustig sit terwyl jy kyk hoe walvisse en dolfyne verby swem.

Hierdie eenheid het 3 slaapkamers met slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders, wat dit ideaal vir 'n gesinsvakansie maak. Die eenheid is op die derde verdieping en word via trappe bereik. Die eenheid se hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed met 'n en suite-badkamer (stylvolle hoekbad en stort). Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, en die derde slaapkamer het 'n enkelbed, 'n stapelbed en 'n enkelbedmatras. Die tweede badkamer het ook 'n stylvolle hoekbad en stort. Linne word voorsien, maar bring asb. jou eie handdoeke, strandhanddoeke en vadoeke.

Daar is 'n TV met DStv premium, graits WiFi, 'n radio, en 'n groot oopplan-kombuis/eetarea/sitarea. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n oond, 2 yskaste en vrieskaste, 'n mikrogolfoond, wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser, yster en strykplank. 'n Eenplaatgasstoof met 'n ketel en ligte is tydens beurtkrag beskikbaar.

Ander geriewe sluit in 'n kluis, onderdakparkeerplek, 'n elektriese heining en 'n nagwag. 'n Groot swembad en getypoel is direk voor die eenheid.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

4

1 x Kindermatras vir 1

1 x Kinderbed vir 1

1 x Kinderstapelbed

Badkamer

Stort, Bad

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Eetkamer
  • Waaier
  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Louise V
Gesin met klein kinders
5.0
Lovely clean unit. Awesome view of the ocean. Fantastic, very relaxing.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Linda K
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker. Ons het 'n heerlike tyd gehad. Die uitsig was pragtig, en dit was baie rustig. Beslis die geld werd.
Apr 2024
Marina V
Gesin met tieners
5.0
Die lekkerste tyd by Libra. Dit was absoluut elke sent en tyd werd. Ons het sommer 'n ekstra aand ook bygevoeg. Plek is baie netjies en skoon en het '...
Sien meer
Jul 2023
Veronica J
Saam met lewensmaat
5.0
My husband and I had a wonderful and peaceful stay. Libra Holiday Flats Unit 7 has the most amazing view! This unit has everything that...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2023
Tessa D
Saam met lewensmaat
4.8
Lieflike uitsig oor die see en woonstel was goed toegerus en pragtig. Baie lekker gebly. Alles mooi en netjies.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Linky Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 95

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Libra Flats Eenheid 7, Lilliecrona Boulevard, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Libra Holiday Flats Unit 7 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Libra Flats Eenheid 7, Lilliecrona Boulevard, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAjjVQAQtANKaEk0EdTDP1pCGdik6mUVnNJ5DXssrPwxK6qTNrzr?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4) 24 5 1 5 Libra Flats Unit 7 Lilliecrona Boulevard 4276 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -30.853541145424 30.382808446884

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang