Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Licorna Beach Vakansie Woonstel 11

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-rylaan 82, Licorna Beach, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 150 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Licorna Beach Vakansie Woonstel 11 is by die strand geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf vir 4 gaste in Umhlanga.

Die woonstel met lugversorging is op die eerste verdieping en word met 'n hysbak bereik. Daar is geen see-uitsig nie. Daar is 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, 'n eetarea en 'n sitarea.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, handwasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en maak van 'n aparte badkamer met 'n stort, bad, handwasbak en 'n toilet gebruik. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, eetgerei, breekware, potte, panne en koffie- en teemaakgeriewe toegerus, en etes kan aan die etenstafel geniet word.

Gaste kan in die sitarea voor die TV met sekere DStv-kanale ontspan en die sitarea lei na die stoep met 'n uitsig oor die lieflike rotstuin.

Die kompleks bied direkte toegang tot die strand en gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad, braai-area en wasgoedgeriewe. Veilige parkeerplek word voorsien en 'n sekuriteitswag hou 'n wakende oog. Die woonstel word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Troeteldiere kan ongelukkig nie geakkommodeer word nie.

Umhlanga bied pragtige strande vir skulp soek, branderplankry, snorkel, duik, staanroei, die jaarlikse sardientjieloop tussen Mei en Julie, sowel as verskeie gholfbane en staproetes. Gaste kan ook besienswaardighede besoek, soos die Umhlanga Lagoon Natuurreservaat, die inheemse bosveld van Hawaan Woud, die Beachwood Mangrove Natuurreservaat, die Gateway Theatre of Shopping, die Umhlanga-vuurtoring, die Sibaya Casino & Entertainment Kingdom, en die verskillende restaurante, kroeë en winkelsentrums.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Jacqueline B
Saam met vriende
5.0
Maklik na strand, veilig, vriendelik. Heerlik gebly. Veilig gevoel. Sal beslis weer kuier! Dankie.
Aug 2024
Natalie V
Gesin met tieners
5.0
Heerlik, ontspannend en gerieflike afstand van alles af. Het heerlik gekuier. Was gerieflik, en stap afstand na winkels en swemstrande.
Mei 2024
Berenice S
Gesin met klein kinders
5.0
Excellent location, walking distance to the beach. Friendly host, we will definitely be returning. Beautiful unit.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Howard V
Saam met vriende
5.0
Lekker. Die diens was uitstekend en die plek is baie veilig en netjies. En die eienaar is baie vriendelik en behulpsaam.
Nov 2023
Eugene O
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker. Sien sterre.
Feb 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Marie Geverifieer

Eiendomme 14

Resensies 135

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Lagoon-rylaan 82, Licorna Beach, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Licorna Beach Vakansie Woonstel 11 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-rylaan 82, Licorna Beach, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA97ca3bfae6866cc347df3b22687a8e52f0a3487700bc33d9bdb2205dd585fddd4b517b50299e403f5c01a4d6054e2ef338ed?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150 per nag, vir 4 mense 15 5 1 5 82 Lagoon Drive Licorna Beach 4319 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -29.7157077 31.0919762

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang