Licorna Beach Vakansie Woonstel 30
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoon-rylaan 82, Licorna Beach, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 553 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Licorna Beach Vakansie Woonstel 30 is op Umhlanga se strandfront en bied gerieflike selfsorgverblyf aan 6 gaste.
Dit is op die derde verdieping en word via 'n hysbak bereik. Die woonstel het lugversorging, 'n see-uitsig van die sitarea en die hoofslaapkamer af, en daar is 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea.
Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n toilet. Die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer met 'n bad, stort en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien en gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, eetgerei en breekware, potte, panne en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet.
Daar is 'n sitarea met 'n TV wat sekere DStv-kanale het en hierdie vertrek bied toegang tot 'n stoep met meubels en 'n uitsig oor die see.
Die kompleks bied direkte toegang tot die strand en gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad, braai-area en wasgoedgeriewe. Veilige parkeerplek word voorsien en daar is 'n sekuriteitswag wat 'n waaksame ogie hou. Die woonstel word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Troeteldiere kan ongelukkig nie geakkommodeer word nie.
Umhlanga bied pragtige strande vir skulpies optel, branderplankry, snorkel, skubaduik, roeiplankry en 'n mooi uitsig op die jaarliks Sardienloop wat tussen Mei en Julie plaasvind. Daar is ook verskeie gholfbane en voetslaanroetes in die omgewing. Gaste kan besienswaardighede soos die Umhlanga Lagoon Natuurreservaat, die inheemse Hawaan-woud, die Beachwood Wortelboom Natuurreservaat, Gateway Theatre of Shopping, Umhlanga-vuurtoring, Sibaya Casino & Entertainment Kingdom en verskeie restaurante en winkelsentrums besoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marie Geverifieer
Eiendomme 14
Resensies 139
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Lagoon-rylaan 82, Licorna Beach, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Licorna Beach Vakansie Woonstel 30 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Umhlanga Durban Noord Durban KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoon-rylaan 82, Licorna Beach, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang