Licorna Beach Vakansie Woonstel 53
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoon-rylaan 82, Licorna Beach, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 793 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Licorna Beach Vakansie Woonstel 53 is op die strand en bied selfsorgverblyf aan 8 gaste in Umhlanga.
Hierdie woonstel is op die vyfde verdieping en word via 'n hysbak bereik. Hierdie eenheid het lugversorging, 'n see-uitsig, 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, 'n eetarea en 'n sitarea.
Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n toilet. Twee van die slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en 'n dubbelbed in die leefarea. Die kamers deel die gebruik van die badkamer met 'n bad, stort en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien en gaste moet asb. hulle eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis het 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, eetgerei, breekware, potte, panne en tee- en koffiemaakgeriewe. Etes kan by die etenstafel geniet word.
Gaste kan in die sitarea ontspan wat 'n TV met sekere DStv-kanale het en dit lei na 'n groot stoep.
Die kompleks bied direkte toegang tot die strand en gaste het toegang tot die gemeenskaplike braai-area en wasgoedgeriewe. Daar is veilige parkeerplek en 'n veiligheidswag. Die woonstel word daagliks skoongemaak, behalwe op behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Skottelgoed word nie daagliks gewas nie, en ongelukkig kan troeteldiere nie geakkommodeer word nie.
Umhlanga het pragtige strande vir skulpe soek, branderplankry, snorkel, skubaduik, roeiplankry, die jaarlikse sardientjieloop tussen Mei en Julie, asook verskeie gholfbane en staproetes. Gaste kan besienswaardighede besoek soos die Umhlanga Lagoon Nature Reserve, die inheemse Hawaan-woud, Beachwood Mangrove Nature Reserve, die Gateway Theatre of Shopping, die Umhlanga-vuurtoring, die Sibaya Casino & Entertainment Kingdom, en verskeie restaurante, kroeë en winkelsentrums.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Dubbelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marie Geverifieer
Eiendomme 14
Resensies 140
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Lagoon-rylaan 82, Licorna Beach, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Licorna Beach Vakansie Woonstel 53 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Umhlanga Durban Noord Durban KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoon-rylaan 82, Licorna Beach, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang