Licorna Beach Vakansie Woonstel 63
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Lagoon-rylaan 82, Licorna Beach, Umhlanga, 4139, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 793 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Licorna Beach Vakansie Woonstel 63 is op die strandfront en bied selfsorgverblyf aan 8 gaste in Umhlanga.
Dié dubbelverdiepingwoonstel is op die sesde verdieping en word via 'n hysbak bereik. Dit bied 'n gedeeltelike see-uitsig en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, 'n eetarea en 'n sitarea.
Die hoofslaapkamer is op die eerste verdieping, lei na 'n stoep met 'n gedeeltelike see-uitsig en dit het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad en 'n toilet.
Die ander 2 kamers het elk 2 enkelbeddens en deel die gebruik van die badkamer met 'n bad en 'n toilet. Daar is 'n stapelbed vir 2 gaste, asook 'n gastetoilet in die leefarea op die grondverdieping. Linne en badhanddoeke word voorsien en gaste moet asb. hulle eie swemhanddoeke saambring.
Die grondverdieping het 'n oopplan-kombuis wat toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, eetgerei, breekware, potte, panne en tee- en koffiemaakgeriewe. Etes kan by die eetkamertafel geniet word.
Gaste kan in die sitarea ontspan wat 'n TV met sekere DStv-kanale het en dit lei na 'n stoep met'n gedeeltelike see-uitsig.
Die kompleks bied direkte toegang tot die strand en gaste het toegang tot die gemeenskaplike braai-area en wasgoedgeriewe. Daar is veilige parkeerplek en 'n veiligheidswag. Die woonstel word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Troeteldiere kan ongelukkig nie geakkommodeer word nie.
Umhlanga het pragtige strande vir skulpe soek, branderplankry, snorkel, skubaduik, roeiplankry, die jaarlikse Sardienloop tussen Mei en Julie, asook verskeie gholfbane en staproetes. Gaste kan besienswaardighede soos die Umhlanga Lagoon Nature Reserve, die inheemse Hawaan-woud, Beachwood Mangrove Nature Reserve, die Gateway Theatre of Shopping, die Umhlanga-vuurtoring, die Sibaya Casino & Entertainment Kingdom, en verskeie restaurante, kroeë en winkelsentrums besoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marie Geverifieer
Eiendomme 14
Resensies 139
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Lagoon-rylaan 82, Licorna Beach, Umhlanga, 4139, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Licorna Beach Vakansie Woonstel 63 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Umhlanga Durban Noord Durban KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Lagoon-rylaan 82, Licorna Beach, Umhlanga, 4139, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang