Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lidvubu Lodge

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2841 Seekoei Straat, Marlothpark, 1320, Mpumalanga
  • Vanaf R1 300 R1 105 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Lidvubu Lodge is 'n rustieke lodge in Marlothpark en bied die perfekte verblyf vir gesinne en vriende wat die natuur geniet. Dis 100 m vanaf die Krokodilrivier wat die grens vorm tussen die Krugerwildtuin en Marloth Park. Saans kan gaste die seekoeie en leeus duidelik hoor terwyl daar by die kampvuur gebraai word.

Die lodge is ten volle toegerus vir selfsorg en sluit ook ander geriewe in soos lugversorging en 'n plonspoel om in af te koel op warm dae. Die lodge het 3 slaapkamers en 2 badkamers en slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders. Linne en badhanddoeke word voorsien. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer beskik oor 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens wat geskik is vir kinders. Die kombuis is volledig toegerus met alles wat gaste sal benodig vir selfsorg. Die badkamers is ingerig met 'n bosveld-tema, en die 1 het 'n bad en die ander 1 het 'n stort. Daar is gemaklike rusbanke in die leefarea waar gaste kan ontspan na 'n dag van besienswaardighede en wildkyk.

Die eenheid het 'n lieflike hout-patio vanwaar gaste kan uitkyk oor die bosveld. Hier sal gaste vele wilde diere sien rondwandel in en om die Marlothpark-area.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xKinderbed vir 2
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 56 resensies

Uitstekend

Netheid
4.2
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Hanerike K
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker gebly. Rivier is naby en verskeie diere het ons besoek. Ons het heerlik gekuier.
Aug 2024
Susan E
Saam met vriende
5.0
Baie ontspannend en gerieflik. Naby aan die rivier en konstant diere besoekers. Baie dankie vir 'n wonderlike lekker verblyf. Ons het dit verskriklik ...
Sien meer
Aug 2024
Janie C
Gesin met tieners
5.0
Gerieflik, skoon en netjies. Ons het verskriklik baie lekker gebly. Als wat nodig is, het die lodge. Sal enige tyd weer daar gaan bly.
Des 2023
Willem J
Saam met lewensmaat
4.8
Baie, baie lekker gebly. Stortvloer besonder glad, kort 'n rubber matjie. Benodig 'n graaf, mop en besem.
Aug 2024
Henry S
Gesin met tieners
4.8
Lekker verblyf met goeie ligging. Ons is gereelde besoekers in Marloth en hierdie was een van ons lekkerste kuiers. Ons is vriendelik ontmoet by die h...
Sien meer
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Sherene Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 60

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 2841 Seekoei Straat, Marlothpark, 1320, Mpumalanga
  • Gaste dink Lidvubu Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 300
R1 300 R1 105
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 300
R1 300 R1 105
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2841 Seekoei Straat, Marlothpark, 1320, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDU3MWRkYjk0LThjNGMtNDNkZS05ZThlLTdlNjI4YzhkODBlMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 300 nouVanaf R1 105 per nag (plek vir 6) 56 5 1 5 2841 Seekoei street Marloth Park 1320 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.33401 31.79692

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang