Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Liedjiesbos Urban Olive Farm

  • Kapasiteit: 15 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Frans Kleynhans-weg 13, Groenvlei, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Vanaf R1 880 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ontspan in die son en ervaar ware Vrystaatse gasvryheid by Liedjiesbos Urban Olive Farm. Verken die perseel of wandel deur die inheemse tuin voordat jy jou voete laat rus in 'n kruie-voetbad terwyl jy die pragtige sonsondergang aanskou.

By Liedjiesbos is die fokus op die omgewing. Hierdie denkwyse inspireer hulle om slegs inheemse plante te plant en sover moontlik net van natuurlike produkte en metodes gebruik te maak.

Liedjiesbos het in 2008 begin om honderde inheemse bome en struike te plant en gaan steeds daarmee voort. Wat voorheen landbougrond was, sal mettertyd 'n inheemse bos wees om 'n tuiste te bied aan talle voëls, insekte en ander klein diertjies. Dis hoe die naam Liedjiesbos tot stand gekom het - liedjies wat uit die bos uit kom.

Die geboue op die perseel is ou skure wat omskep is in funksionele, argitektoniese strukture wat met die omgewing saamsmelt. Die argitekte Jan en Petria Smit het dit só ontwerp om so min as moontlik energie te verbruik om die binnekant te verhit of te verkoel. Die meeste van die oorspronklike boumateriale is hergebruik of herwin, en energiebesparende toestelle en sonkrag-geysers is geïnstalleer om omgewingsvriendelik te wees.

Die interieur weerspieël die eienaars se liefde vir kuns, oudhede en reis. Die dekor kombineer oud, nuut, Afrika, Egipte, China, Viëtnam en veel meer. Al hierdie elemente skep 'n interessante omgewing met 'n sjiek dog gerieflike atmosfeer.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 81 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Ilan S
Saam met vriende
5.0
Uitstekend - wonderlike ervaring! Liedjiesbos is asemwekkend mooi - baie mooier as wat ek verwag het. Ek is half skaam dat ek nie vooraf meer geweet h...
Sien meer
Jun 2024
Lizelle L
Saam met lewensmaat
5.0
Genotvol. Pragtige tuin. Deurgaans stylvol. Baie lekker. Smaakvol en keurig ingerig.
Mrt 2024
Mari B
Saam met lewensmaat
5.0
Baie aangenaam. Heerlike verblyf, vriendelike ontvangs, silwerskoon. Dit is baie veilig.
Mrt 2024
Wallie B
Saam met lewensmaat
5.0
Beste gasteuis, Liedjiesbos. Ons het by Liedjiesbos gastehuis oorgeslaap op 28 Aug 2023, wat 'n groot verrasing, puik diens van al die staf en eienaar...
Sien meer
Aug 2023
Carina S
Saam met lewensmaat
5.0
Aandag aan detail is opmerklik. Puik diens. Alles was prentjiemooi en van hoë gehalte. Voel soos 'n groot bederf om daar te bly. Sal beslis vir almal ...
Sien meer
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Mgr Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 81

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Frans Kleynhans-weg 13, Groenvlei, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Gaste dink Liedjiesbos Urban Olive Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 880
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 880
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 mense
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Frans Kleynhans-weg 13, Groenvlei, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGUwZGIxNDZhLTU5ZGUtNDI0Ny04OWFjLWE5ZTgxMjVmYzFkNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 880 per nag, vir 2 mense 81 5 1 5 13 Frans Kleynhans Road Groenvlei 9301 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.052543862998 26.168063602183

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang