Liedjiesbos Urban Olive Farm
- Kapasiteit: 15 persone
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Frans Kleynhans-weg 13, Groenvlei, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
- Vanaf R1 880 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Ontspan in die son en ervaar ware Vrystaatse gasvryheid by Liedjiesbos Urban Olive Farm. Verken die perseel of wandel deur die inheemse tuin voordat jy jou voete laat rus in 'n kruie-voetbad terwyl jy die pragtige sonsondergang aanskou.
By Liedjiesbos is die fokus op die omgewing. Hierdie denkwyse inspireer hulle om slegs inheemse plante te plant en sover moontlik net van natuurlike produkte en metodes gebruik te maak.
Liedjiesbos het in 2008 begin om honderde inheemse bome en struike te plant en gaan steeds daarmee voort. Wat voorheen landbougrond was, sal mettertyd 'n inheemse bos wees om 'n tuiste te bied aan talle voëls, insekte en ander klein diertjies. Dis hoe die naam Liedjiesbos tot stand gekom het - liedjies wat uit die bos uit kom.
Die geboue op die perseel is ou skure wat omskep is in funksionele, argitektoniese strukture wat met die omgewing saamsmelt. Die argitekte Jan en Petria Smit het dit só ontwerp om so min as moontlik energie te verbruik om die binnekant te verhit of te verkoel. Die meeste van die oorspronklike boumateriale is hergebruik of herwin, en energiebesparende toestelle en sonkrag-geysers is geïnstalleer om omgewingsvriendelik te wees.
Die interieur weerspieël die eienaars se liefde vir kuns, oudhede en reis. Die dekor kombineer oud, nuut, Afrika, Egipte, China, Viëtnam en veel meer. Al hierdie elemente skep 'n interessante omgewing met 'n sjiek dog gerieflike atmosfeer.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Mgr Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 82
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Frans Kleynhans-weg 13, Groenvlei, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
- Gaste dink Liedjiesbos Urban Olive Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Rooidam Bloemfontein Vrystaat
- Kapasiteit: 15 mense
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Frans Kleynhans-weg 13, Groenvlei, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang