Lieflappie
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wegestraat 7, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Vanaf R900 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Lieflappie is in die veilige dorpie Stilbaai. Die verblyf is 400 m vanaf die strand en het 3 sonnige, netjiese en ruim eenhede naamlik Pampoentjie met 'n see-uitsig en Bloublasie en Seeperdjie. Die verblyf het 'n omsetter, sonpanele en gasgeysers wat sorg dat dit nie deur beurtkrag geraak word nie. Geen geriewe word gedeel nie. Elkeen het aparte ingang en aparte privaat braai area.
Pampoentjie beskik oor 2 slaapkamers met slaapplek vir 4 volwassenes en 'n kind. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die Tweede slaapkamer het n dubbel bed.
Daar is 'n driekwart bed in die sitarea. Lieflike groot balkon met braaigeriewe en n groottafel met stoele. Kyk lekker oor die see terwyl jy braai.
Bloublasie beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 volwassenes en 'n kind. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 2 driekwartbed en daar is 'n kinderbed in die sitarea. Die slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Groot braai area in die binnehof, weg van die wind, met n lekker groot virkantige tafel en bankies.
Elke eenheid het 'n privaat ingang en 'n oopplan-leefarea met n eetkamer en -kombuis wat met 'n skottelgoedwasser, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond, eetgerei en breekware toegerus is. Die sitarea het leerrusbanke, 'n kaggel en 'n platskerm-TV met DStv Premium. Daar is WiFi en parkeerplek is op die sypaadjie beskikbaar.
Seeperdjie is 'n lieflike eenslaapkamereenheid met 'n sitkamer, kombuisie en 'n tafel met 2 stoele. Die kombuisie het 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstofie en oondjie, broodrooster, ketel, en 'n wok. Braai area met bankies.
Lieflappie is naby die hawe, riviermond en strand en 200 m vanaf die Stilbaai-gholfklub en die tennisbane aan die westelike kant.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Wat gaste dink
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Tercia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 75
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Wegestraat 7, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Gaste dink Lieflappie het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Stilbaai-Wes Stilbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wegestraat 7, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang