Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lierie Huis

  • Kapasiteit: 4 persone
    3 volwassenes, 1 kind
  • Geen kinders onder 7
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nassaustraat 7, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 175 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Lierie Huis is 'n lieflike vakansie-eenheid in die kusdorp Strand. Dit skuil aan die voet van die Hottentots Holland-berge en dié prentjiemooi vakansiebestemming het 'n 5 km lange strand, uitsigte oor die Kaapse Skiereiland en 'n verskeidenheid vermaakgeriewe in die Helderberg-area.

Die oopplan-eenheid is op die eienaar se perseel en bied slaapplek aan 4 gaste waarvan dit 3 volwassenes met 1 kind of 2 volwassenes en 2 kinders kan wees. Kinders moet ouer as 7 jaar wees. Die eenheid het 'n privaat ingang. Daar is 'n dubbelbed en enkelbed in 'n aparte slaapkamer, en 'n enkelslaapbank is in die leef-area. Die badkamer het 'n wasbak, stort en 'n toilet.

Die leef-area het 'n binnebraai en lugversorging. Die eenheid het 'n TV met volle DStv-pakket, 'n tweeplaatgasstofie, 'n elektriese braaipan, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe en alle kombuisware. Die kombuis/opwas-area het 'n skottelgoedwasser en 'n yskas-vrieskas. Daar is parkeerplek op die erf, 'n grasperk waar kinders kan speel en 'n privaat windbeskutte buitebraai met 'n dak. Daar is 'n wasmasjien beskikbaar op die perseel.

Daar is baie avonture om te ontdek in die area: stap- en fietsryroetes, swem, branderplankry, hengel, voëlkyk, gholf, tennis, duik, vlieërplankry, verskeie stap roetes - alles in die Helderbergkom. Die Hottentots Holland Natuurreservaat, Somerset Mall, Monkey Town, Waterworld Strand en verskeie wynlandgoedere soos Vergelegen, Lourensford, Idiom en Waterkloof is almal binne 10 minute se ry en beslis n besoek werd.

Vir die avontuurlustige is daar die "Elgin Zipline" met 13 zips in die asemrowende berge, net verby Sir Lowrys pas. Geniet die prentjiemooi "Clarence drive" vanaf Gordons baai tot by Hermanus. Besoek Gansbaai & doen "Shark cage diving". Besoek Fairview in die Paarl, alles moontlik binne n dag se ry.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

1

1 x Kinderbank vir 1

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Darrell S
Saam met lewensmaat
5.0
Veilige, betroubare en vriendelike verblyf. Baie rustig en netjiese verblyf, volkome toegeruste kamers. Veilige parkering voor wooneenheid. Vriendelik...
Sien meer
Jan 2024
Leo S
5.0
Calm and peaceful. I'm very pleased with the stay, it was in a calm area perfect for rest. I was out most of the time but the owner was...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2023
Denise S
Saam met vriende
5.0
Baie netjies, gasvryheid en veilig gevoel. Ons het baie lekker gebly.
Nov 2023
Marthinus K
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflike verblyf. Netjiese verblyf, ongelooflike gawe mense, beslis die plek waar ons weer sal bly.
Mrt 2023
Lettie B
Gesin met tieners
4.8
Baie gasvry ontvang en baie bederf. Die rooi tapyt is vir ons uitgerol. Ons en ons kleinkinders is gul ontvang en bederf met baie klein ekstra verrass...
Sien meer
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Tersia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 20

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Nassaustraat 7, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lierie Huis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Strand Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 1 175
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 175
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
    3 volwassenes, 1 kind
  • Geen kinders onder 7
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nassaustraat 7, Strand, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe6473a81f3a969bdf0173c8b2a67365210b6367eb42e52ed7a4aec8ada599dc71b2cf8397bc79726d1669f119a219b3d97b9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 175 per nag (plek vir 4) 20 5 1 5 7 Nassau Street Strand 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.096164432451 18.836430233135

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang