Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Light Shade Mountain

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
    4 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cradock-straat 46, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 350 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Light Shade Mountain is 'n lieflike selfsorg-vakansiekothuis in die hartjie van die historiese dorpie Graaff-Reinet. Dit is in 'n 1823-Karoo-kothuis geleë en is 'n wonderlike opsie vir 'n gesinswegbreek gedurende die winter, want hierdie knus kothuis spog met 'n binnenshuise houtkaggel.

Dié kothuis bied gerieflike slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders op 'n slag, want dit beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed wat net vir kinders is. 'n Bad, stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof en oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n Nespresso-masjien. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is in die opwaskamer beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Dié spasie het ook 'n etenstafel waar gaste hul etes saam kan geniet.

Buite is daar 'n privaat agterplaas met braaigeriewe en 'n 100 jaar oue wingerdprieel wat 'n buite-eetgeleentheid met berguitsigte skep. Gaste het toegang tot parkeerplek van die straat af.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

4

1 x Koningingrootte-bed

1 x Kinderstapelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Gillian S
Gesin met tieners
5.0
Great stay. A great overnight stay. Helpful host. The little extras of filtered drinking water and Nespresso made us feel right at home...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Nickie N
Saam met vriende
5.0
Ek sal Light Shade Mountain met vrymoedigheid aanbeveel. Ons het heerlik gebly. Diens was voortreflik. Dankie, Brad.
Jan 2025
Philip V
Gesin met klein kinders
5.0
Besonders lekker, goed geleë, vriendelike gasheer, amazing interior. Lekker en meer as wat mens nodig het.
Des 2024
Adéle V
Gesin met tieners
5.0
Ongelooflik mooi en billik. Goeie waarde vir geld. Heerlike oornagstop oppad na Mosselbaai. Die plek is pragtig en keurig ingerig. Brad is 'n fantasti...
Sien meer
Des 2024
Marlene P
5.0
Friendly, on-trend, modern Art Deco, accommodating. Very good, travelled with pets. Brad was so accommodating - thank you!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Brad Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 28

Op LekkeSlaap 11 maande

Ligging

  • Cradock-straat 46, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
  • Gaste dink Light Shade Mountain het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
    4 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cradock-straat 46, Graaff-Reinet, 6280, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAae49291936314dd7f8621f2ebd466a37c80d9ad1e23f077ae4d9e8020c48b22d9325537f8565568b62e49d5c124bb5f89b32?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag (plek vir 6) 28 5 1 5 46 Cradock Street Graaff-Reinet 6280 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.2480993 24.5299602

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang