Lighthouse Villa Romansbaai
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kingfisher 422, Romansbaai Beach and Fynbos Estate, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Vanaf R4 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Lighthouse Villa Romansbaai is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis wat spog met die mees betowerende uitsigte oor inheemse fynbosvelde. Geleë in die Romansbaai-strand en Fynbos-landgoed in Gansbaai, is dit 'n ideale opsie vir 'n rustige wegbreek saam met familie en vriende aangesien die landgoed direkte toegang tot die strand bied.
Dié villa bied gerieflike slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 en suite-slaapkamers. Al 3 slaapkamers is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor hul eie buite-ingang. 'n Bad en stort is beskikbaar in die hoof en suite-badkamer, terwyl die ander 2 en suite-badkamers 'n stort het. Kwaliteit linne word voorsien; gaste moet egter hul eie handdoeke saambring.
Die ruim oopplan-leefarea het hoë plafonne en 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Vanuit die kombuis lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir almal om hul etes saam te geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en hierdie leefarea het 'n binnebraai. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Deur die groot skuifdeure is 'n onderdakstoep met 'n piekniektafel en 'n groot ingeboude braai wat 'n wonderlike plek is vir gaste om saans met 'n skemerkelkie te ontspan terwyl die vuur brand. Daar is 'n houtvuur-warmbad.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Sanmarie Geverifieer
Eiendomme 25
Resensies 47
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Kingfisher 422, Romansbaai Beach and Fynbos Estate, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kingfisher 422, Romansbaai Beach and Fynbos Estate, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang