Lily's Cottage
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Khorshedweg 14, Malvern, Queensburgh, Durban, 4093, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Lily's Cottage is in Queensburgh geleë, ’n rustige voorstad van Durban, en is ideaal vir diegene wat op soek is na gerieflike verblyf naby geriewe.
Lily’s Cottage beskik oor 2 eenhede wat saam of afsonderlik bespreek kan word. Die 2-slaapkamerwoonstel het 2 slaapkamers met lugversorging en 1 badkamer met slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, en 'n driekwart-bed. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n stort, bad en 'n wasbak. Daar is ook 'n aparte toilet en wasbak.
Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof, oond, eetgerei, breekware en ingeboude kaste. Daar is 'n instapspens en ontbythoekie langs die kombuis. Verder is daar 'n slaapbank in die area tussen die sitkamer en slaapkamers. Die sitkamer het ook 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n uitsig oor die swembad.
Die solder-eenheid met 'n oopplan-ontwerp en swembaduitsig, bied verblyf aan 2 volwassenes en 'n kind. Die eenheid het 'n semi-selfsorgkombuisie sonder 'n stoof, 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, 'n slaapbank en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak. Ander geriewe sluit 'n TV met DStv, beperkte WiFi, tafel vir skootrekenaars, lugversorging en 'n privaat patio in.
Geriewe op die perseel sluit 'n swembad, parkeerplek en braai-area in.
Lily's Cottage is 20 km vanaf Durban se hoofstrande, uShaka Marine World, Moses Mabhida-stadion, Kingspark Rugbystadion, Kingsmead Krieketstadion, hospitale, KZN Universiteit, Durban Botaniese Tuin en rolbalbane. Aktiwiteite in die omgewing sluit strandsport, fietsrybaan, voëlkyk, wildkyk, begeleide voetslaanroetes, bergfietsry en tennis in.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Lizelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 19
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Khorshedweg 14, Malvern, Queensburgh, Durban, 4093, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Lily's Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Malvern Durban West Durban KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Khorshedweg 14, Malvern, Queensburgh, Durban, 4093, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang