Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Linden Street

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.2
Veiligheid
4.3
Jo-anne B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Mei 2022

Netheid, veiligheid en heerlike warm water. Ligging is sentraal. Die woongebied is skoon. Ons kon orals stap, was sonder 'n voertuig.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Monika
Linden Street
Beste Jo-anne Baie dankie vir die terugvoering. Ja, dit is baie gerieflik indien jy nie 'n kar het nie. Lekker dag Monika

Carl B
Kort verblyf
4.6
Mei 2022

Die verblyf het aan my behoeftes voldoen en word aanbeveel. Linden Street is baie sentraal geleë in Swakopmund (Altstadt) en binne loopafstand van die strand, die jetty en winkels. Die alarmstelsel is 'n groot pluspunt en verskaf gemoedsrus as jy die akkommodasie verlaat. Die aangrensende eiendomme het almal alarmstelsels gehad. Die wooneenheid self is ruim en voldoende vir twee persone, alhoewel ek 'n alleenreisiger was. Die eenheid was skoon. Daar was geen skottelgoedseep beskikbaar nie en ek moes gaan koop. Na my besoek het ek die seepbotteltjie daar gelos vir die volgende besoekers. Dit was opvallend dat geen motors oornag in die strate in die onmiddellike omgewing geparkeer was nie. Dit word aanbeveel dat een parkeerplek agter 'n toesluithek op die erf voor die wooneenheid verskaf word. Daar is voldoende ruimte daarvoor. Meer besoekers sal dan die eiendom besoek. Dar was geen WiFi beskikbaar nie en die beskikbaarheid van WiFi sal 'n verdere trekpleister wees.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Monika
Linden Street
Hi Carl Baie dankie vir die positiewe terugvoering. Die voorstelle word altyd baie waardeer. Beste groete Monika

Chris H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Nov 2022

Baie skoon, netjies en vriendelik. Ongelukkig geen braaigeriewe of stoof nie, net mikrogolf. Geen plek om handdoeke droog te maak. Veilige parkering net beskikbaar as hoofhuisinwoners nie tuis is. Badkamer ongerieflik. Stortglasvenster so naby toilet dat dit moeilik is om sit toilet te gebruik. Stortwater gaan na vloer en nie na uitlaat. Sal dit nie eintlik beskou as self-catering maar oornagplek? Geen WiFi.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Monika
Linden Street
Hi Chris, dankie vir die positiewe resensie. Jy is reg oor die stortskerm te naby aan die toilet dit is 'n saak wat opgelos moet word. Agter die voordeur is 'n opvoubare rak vir handdoeke om te laat droog jy het dit seker nie gesien nie. Die woonstelgeriewe is baie duidelik op die webwerf, so as jy iets anders wil hê moet jy vooraf navraag doen. Ek hoop nietemin dat jy lekker in Swakop gebly het.

Danny F
Kort verblyf
4.0
Mei 2022

Ruim en netjies. Uitstekende ligging. Die selfsorgeenheid word geadverteer as "Linden Street". Op die straatnaam en op die GPS is daar slegs 'n "Lindin Street" – soos in Lindin boom. Dis verwarrend. As ek nie 'n foto van die blyplek gehad het nie, sou ek bly soek het na "Linden Street".

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Monika
Linden Street
Hi Danny Baie dankie vir die informasie, sou dit nooit agtergekom het nie. Sal daarop let in die toekoms om 'n foto saam te stuur. Baie goeie idee. Beste groete Monika

Tania W
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2021

Naweek om by familie te gaan kuier. Baie goeie ligging, netjies. Ideaal vir 'n aand of 2 as jy nie self wil kos maak nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Monika
Linden Street
Beste Tania baie dankie vir die terugvoering. Vakansie is definetief 'n kaans om nie kos te moet maak nie. Groete Monika

Thomas P
Kort verblyf
4.0
Nov 2021

Absolutely lovely. We enjoyed our stay very much. It was wonderful to be able to have the dogs with me as well. I would, however, recommend putting a stove in as it is advertised as self-catering. It was beautifully clean and cosy.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
4.0
Monika
Linden Street
Dear Thomas thank you for your positive feedback. Kind regards Monika

Karin L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Sep 2020

Gerieflik Ons is baie strand op/af, in die woestyn en Naukluft park, was lekker om "huis toe" te kom

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
5.0
Monika
Linden Street
Ek is bly julle het die verblyf geniet. Kom gerus weer. Lekker dag Monika

Gloudi D
Kort verblyf
3.8
Des 2020

My hond het die groot erf baie geniet en dit was voorwaar 'n lekker stapafstand vanaf die see. Swakopmund is een van die min bestemmings in Namibië wat werklik tot 'n mate as hondevriendelik beskryf kan word. Ek moes reis vir werk en het besluit om my hond saam te vat en beide die verblyf en die dorp het dit uitstappie aangenaam vir beide mens en dier gemaak.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Rene H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2019

Ons het heerlik gebly, die plekkie was mooi skoon en netjies. Die plek is lekker sentraal geleë, skoon en netjies. Lekker klein en cosy vir net 2 mense. Ek sou net 'n tweeplaatstofie ingesit het vir as 'n mens langer as net 'n naweek wil bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Monika
Linden Street
Dankie vir die positiewe resensie, ek is bly julle het die verblyf geniet. Dankie ook vir die voorstel. Sien uit na julle volgende besoek.

Simone P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2019

Sentraal geleë, dit was wonderlik om te loop na alle winkels en restaurante. Ons het 'n heerlike verblyf gehad. Baie akkommoderend. Ons het 'n heerlike verblyf gehad en sal beslis terug wees. Fantastiese ligging en naby winkels en restaurante.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Monika Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 5 jaar

Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Linden-straat 1, Swakopmund, 0000, Erongo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcccb595e6cd63505bba611b89544f59918c6ec5c14daa673f51a7e3df8f030315a0ffd08c5eb4c5e6274ea2d66f688ec818e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 2) 12 5 1 5 1 Linden Street Swakopmund 0000 Erongo 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -22.683517642742 14.525987510215

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang