Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lindley Hotel

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Kobus P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2023

Baie lekker slaapplek. 'n Wonderlike oorslaapplek. Die kamers is mooi en skoon. Pragtige historiese hotel sowat 125 jaar oud. Besoek die plek en slaap oor, dis die moeite werd.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Kobus P
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2023

Beste slaapplek. Dit is my 2de bespreking by die Lindley Hotel en hulle diens en gasvryheid is wonderlik en vriendelik. Kamers is pragtig in die historiese hotel. Mens waardeer die moeite wat gedoen word om die plek te bewaar vir die toekoms. Daar is plek vir funksies en troues. Sal almal aanraai om daar te slaap en die plek te ondersteun.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Johannes H
1 nag
5.0
Mei 2023

Pragtige juweel op so 'n klein dorpie. Wonderlike en gemaklike plek en die kos is Lekker. Heerlik om so 'n plek te hê op ons klein dorpies in Suid-Afrika.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Rossouw C
1 nag Besigheidsreis
4.6
Aug 2024

Ons het lekker gebly, dankie! Baie vriendelike diens!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Schalk L
1 nag
4.6
Mei 2024

Heerlik geëet en heerlik geslaap. Sal definitief weer daar oorbly. Vriendelik ontvang en 'n heerlike bord gekookte kos met appeltert as nagereg gekry. Perfekte oornagplek wanneer jy in die Oos-Vrystaat reis.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gerda B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2022

Ons is vriendelik ontvang en het tuis gevoel. Baie mooi en netjies met goeie diens en lekker kos. Die kamer is mooi en kunstig versier. Personeel is vriendelik. Die kos was heerlik en die winkel vol oulike items.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marieta H
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2021

Lindley Hotel - Wat 'n diamant in die Vrystaat! Ons het heerlik daar gekuier. Die hotel is pragtig gerestoureer. Binnehof herinner aan 'n Franse Chateau! Kamers is smaakvol en baie kreatief ingerig. Elke hoekie van die hotel bied 'n verrassing. Mooiste houtmeubels. Ek gaan die hotel definitief weer besoek maar volgende keer langer vertoef! Baie dankie aan die vriendelike gashere!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Corne C
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2021

Die verblyf is asemrowend mooi. Vir so 'n klein dorpie was alles perfek Die gasvryheid en kos was alles perfek en sakpas. Die kamer is vol oudhede maar besonder smaakvol en gerieflik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Andre V
1 nag
4.8
Okt 2020

Mooi interessante hoekies. Kunstig Baie aangename mense.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marcel S
1 nag
5.0
Des 2019

Rustige en gerieflike verblyf. Baie dankie Madelein en jou gesin vir alles wat julle so kunstig voorberei het. Ons het dadelik tuis gevoel. Baie dankie ook aan jou dogter wat uit haar pad gegaan het om ons te help toe my man skielik siek geword het. Julle gasvryheid en warm omgee word vreeslik baie waardeer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Madeleine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 100
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pretoriusstraat, Lindley, 9630, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb5F1ucYVVFMTk5bo9fNM7qkmpp2nJ1SsIXGA2PWDQ60jSxMOb3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 21 5 1 5 Pretorius Street Lindley 9630 Vrystaat 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -27.881385090741 27.919792234898

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang