Linga Longa Beach House
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Milkwoodweg, The Island, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Vanaf R3 300 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Linga Longa Beach House is 'n bekoorlike selfsorghuis wat op Die Eiland in Groot-Brakrivier geleë is. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby die strand en ander besienswaardighede op die Tuinroete. Die huis bied slaapplek vir 6 volwassenes en 4 kinders.
Dié ruim huis is smaakvol versier en bestaan uit 3 slaapkamers, waarvan 2 en suite-badkamers met 'n stort, wasbak en toilet het en 'n oopplan-leefarea. Die slaapkamers het elk 'n dubbelbed en die derde kamer het 'n aparte badkamer. Die beskutte stoep is oopplan en het slaapplek vir 4 volwassenes in aparte beddens. Die kombuis is volledig toegerus en beskik oor 'n yskas, 'n diepvrieskas, mikrogolfoond, 'n oond met 'n stoof, 'n skottelgoedwasser, oorgenoeg ingeboude kaste en die nodige eetgerei.
Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt, so jy is meer as welkom om jou dekodeerder en slimkaart te bring. Die leefarea het deure wat lei na die dek, waar braaigeriewe en 'n buite-stort is. Die huis het ook 'n beskutte oopplan-veranda vanwaar die lieflike uitsigte oor die omgewing en see geniet kan word.
Parkeerplek is beskikbaar op die perseel en goed gemanierde troeteldiere is welkom, daar is 'n heining om die perseel. Linga Longa Beach House is stapafstand van die strand af. Ons is ook naby verskeie ander strande, winkels, restaurante en verskeie binnemuurse en buitemuurse doendinge.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
4 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Allan Neilson
Kemp
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Milkwoodweg, The Island, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Gaste dink Linga Longa Beach House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in The Island Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Milkwoodweg, The Island, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang