Lion's Call
Bly 6 nagte en betaal slegs vir 5. Geldig vir verblyf vanaf 7 Jan 2025 tot 14 Mrt 2025.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wildgoosestraat 1080, Marloth Park, 1340, Mpumalanga
-
Vanaf
R1 200R1 000 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Lion's Call is in die bekende Marloth Park Natuurreservaat geleë. Die huis is langsaan die Lionspruit Wildreservaat en 24 km vanaf die Krokodilbrughek na die Kruger Wildtuin.
Dié huis beskik oor 2 en suite-kamers en het gemaklik slaapplek vir 4 volwassenes. Elke kamer het 'n dubbelbed. Die badkamers het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n ekstra slaapbank in die leefarea. Die hoofslaapkamer en die leefarea het lugversorging en elke kamer het 'n waaier. Gratis WiFi is beskikbaar!
Die leefarea het 'n oopplan-uitleg en die kombuis het 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond, eetgerei en breekware. Die ekstra gastekamer het 'n yskassie. Daar is 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n veerpyltjiebord.
Die huis het ’n alarmstelsel en ’n noodknoppie wat ’n afstandbeheer het.
Die eenheid bied toegang tot 'n groot stoep met braaigeriewe vanwaar gaste die kameelperde, vlakvarke en bokke kan gereeld sien verby die huis stap. Die plonspoel het 'n uitsig oor die heining van Lionspruit Wildreservaat. Daar is 'n luukse onderdaklapa met 'n groot swembad en gemaklike sonstoele. Die huis beskik ook oor ’n romantiese buite-bad met 'n muskietnet. Daar is 'n braaiplek asook 'n oop lapa waar gaste kan vleis braai en 'n kampvuurtjie gemaak kan word.
In die piekniekhoekie is 'n hout piekniekbankie en -tafel, waar gaste piekniek kan hou en bordspeletjies kan speel. Daar is ook 'n netbal- of basketbalarea waar kinders lekker kan speel.
Die 'n restaurant , Amazing Kruger View, is net 1,5km vanaf Lion's Call en is op die oewers van die Krokodilrivier en kyk uit oor die Krugerwildtuin.
Daar is 'n omsetter wat die yskas, TV, 2 waaiers en WiFi tydens beurtkrag ondersteun.
Gaste ontvang 'n verwelkomingsverrassing.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Ernest Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 9
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Wildgoosestraat 1080, Marloth Park, 1340, Mpumalanga
- Gaste dink Lion's Call het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wildgoosestraat 1080, Marloth Park, 1340, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang