Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Liten Stjärna

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kromstraat 51, Alikreukelpark, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R870 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Liten Stjärna is 'n klein, knus eenheid in die kusdorp, Struisbaai, sowat 500 meter van die hoofswemstrand af. Let asb dat die eenheid op die eienaar se erf is, maar dat gaste hul eie geriewe en 'n privaat ingang het.

Die ateljee-eenheid is oopplan en bied slaapplek aan 2 gaste. Dit beskik oor 'n slaapkamer met 'n badkamer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed, 2 stoele en 'n koffietafel. Die badkamer het 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet.

Ander geriewe sluit 'n koffiestasie met 'n mikrogolf, yskassie, ketel, broodrooster, eierkoker, eetgerei en breekware in en daar is gratis WiFi. Let asb. daarop dat die eenheid nie kookgeriewe het nie, so gaste moet dit asb in gedagte hou indien hulle langtermynbesprekings oorweeg. Hier is wel 'n buitebraai.

Dubbeldeure lei na 'n privaat tuintjie met buitesitplek, 'n tafel, braaigeriewe en 'n buitestort. Daar is ook 'n veilige parkeerplek op die perseel.

Let asb. daarop dat die eenheid nie 'n TV het nie. Geen ontbyt of ander etes word aangebied nie en die eenheid is nie geskik vir kinders nie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Verwarmer
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Brent C
Saam met lewensmaat
5.0
A gem by the sea. Liten Stjärna is exactly as it was described, i.e. a small and cosy unit in the coastal town. We loved staying there....
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Michelle P
Saam met lewensmaat
5.0
Baie dankie vir 'n ongelooflike 3 dae, ons kom kuier gou weer. Fantastiese verblyf!
Jan 2025
Johan V
Saam met lewensmaat
5.0
Agulhas is 'n lekker dorp om te ontspan. Lekker gebly - as jy slegs 'n lêplek soek.
Mei 2024
Verena V
5.0
Fantasties. Inderdaad ja. Wat 'n vriendelike gasvrou en die mooi en veilige buurt.
Apr 2024
Linda B
Saam met lewensmaat
5.0
Stylish. Highly recommended. Very pleasant. Friendly host.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Mariana Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Kromstraat 51, Alikreukelpark, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Liten Stjärna het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 870
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 870
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kromstraat 51, Alikreukelpark, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb5171f3a05e9aa04b22886bbe1deee880d86240f29d6676564d484c510c68ed3fc1852373722c9debc04b795c7b94cc03bcc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R870 per nag (plek vir 2) 14 5 1 5 51 Krom Street Alikreukelpark 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.800203 20.047842

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
272829303112345678910111213141516171819202122232425262728123456789
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
272829303112345678910111213141516171819202122232425262728123456789