Little Bushbuck Cottage
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 13 Apr 2025 tot 27 Jun 2025.
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sparrebosch-weg, Somerset Gift Getaway Farm, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 400R1 050 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Little Bushbuck Cottage is 'n selfsorgkothuis op Somerset Gift Getaway Farm, sowat 16,8 km buite Swellendam. Dié kothuis is die perfekte wegbreekplek vir vriende en familie wat op soek is na 'n rustige vakansie in die natuur.
Dié ateljee-eenheid het slaapplek vir 2 volwassenes en 1 kind in 'n oopplan-kamer met 'n en suite-badkamer. Die kamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed en die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die onderdakstoep het buitemeubels en 'n ingeboude braai.
Gaste het toegang tot 'n privaat houtvuurwarmbad, parkeerplek op die perseel en aktiwiteite soos swem, kanovaart, visvang en Zipline op die rivier. Gaste kan ook die natuurroetes op die perseel verken. Hierdie verblyf is naby plaaslike winkels en restaurante in Swellendam.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marlien Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 55
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Sparrebosch-weg, Somerset Gift Getaway Farm, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
- Gaste dink Little Bushbuck Cottage het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sparrebosch-weg, Somerset Gift Getaway Farm, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang